Citrusdal Akkommodasie by Grootfontein Camping Villages | LekkeSlaap
+22
+22

Grootfontein Camping Villages

7 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerompad, Grootfontein Plaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

By Grootfontein Camping Villages kan jy die hele kampterrein huur as jy dit as 'n troulokaal of vir 'n privaat partytjie wil gebruik. Ons het groot Bedouin-tente, 'n dansvloer, ligte, spyseniering- en platejoggie-opsies.

As die hele terrein nie gehuur word nie word geen musiek toegelaat nie!

Al het jy nie 'n tent nie, en al kan jy nie kamp nie is dit nie 'n probleem hier by ons nie! Die beslommernis en logistiek van 'n kampnaweek is nou amptelik iets van die verlede. Jy hoef werklik net kos en klere saam te bring! As jy dink kamp gaan altyd gepaard met lekkende tente, vermiste pale en penne, harde grond en sandvlooie, wag daar 'n groot verrassing op jou!

Ons 100 hektaar sitrus-boegoe-rooibosplaas is sowat 20 km van Citrusdal af, met die kampterrein reg aan die oewers van die Olifantsrivier. Wye, oop ruimtes, groen gras, luilekker dae van swem, braai, en jou bure leer ken wag op jou.

Elke 'kampdorpie' het maksimum 6 tente. Daar is vierkantige Bedouin vryvorm-veldtente met uitstekende uitsigte oor die rivier, en seiltente is onder dit opgeslaan. Die tente het driekwartmatrasse van digte spons, katoen-perkallinne, komberse en handdoeke. Daar is ook 'n ten volle toegeruste kombuisarea met braairoosters en toebehore, stoele, tafels, elektriese ligte, koelbokse, ens.

Elke dorpie het sy eie kragpunt en daar is hangmatte sodat jy kan vergeet dat kampeer eintlik harde werk is. Ablusieblokke (warm storte en spoeltoilette), is gemeenskaplik, asook die yskas, vrieskas en mikrogolfoond. Praat van ruwe verblyf in styl!

Kano's en kajaks is beskikbaar vir verhuring - maar bring jou eie as jy het.

Grootfontein Camping Villages is vir die geesdriftige reisiger!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 7 resensies vir Grootfontein Camping Villages
Netheid
4.1/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Keerompad, Grootfontein Plaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grootfontein Camping Villages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerompad, Grootfontein Plaas, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwNDYwYjFmLTA3NzAtNGVkZS1hNWY3LWU2NTM2MjIyODUwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 Keerom Road Grootfontein Farm 7340 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -32.761907818993 19.052245616913
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za