Woodlands Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woodlands Villa is 'n ruim Toskaanse-styl villa op die rustige en eksklusiewe Westlake Country and Safari Estate in Hartbeespoort. Westlake Country and Safari Estate is in die Magaliesberg-biosfeer en gaste kan 'n uitsig op die Magaliesberg geniet.

Die gastehuis beskik oor 3 gastekamers en 'n selfsorgwoonstel. Daar is slaapplek vir 8 gaste in totaal. Die gastehuis is geskik vir paartjies, gesinne of klein groepe. Al 3 gastekamers is op die eerste verdieping en het elkeen 'n balkon met 'n uitsig oor die tuin en op die berge. Elke kamer het baie kasspasie, 'n haardroër, badhanddoeke, linne en toiletware. Die hoofgastekamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spabad, 'n aparte stort en 'n toilet. Die ander 2 gastekamers op die eerste verdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed en deel 'n badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet.

Die selfsorgwoonstel het sy eie ingang, kombuisie, leefarea en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die deure lei na die voorste en agterste tuin.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike leefarea, eetarea en kombuis op die huis se grondvloer, asook die binnehof, die tuin en 'n swembad. Die TV in die leefarea het DStv. Daar is ook 'n TV-kamer en patio op die huis is se eerste verdieping. Gaste kan maaltye voorberei in die kombuis wat volledig toegerus is of 'n volledig of kontinentale ontbyt kan voorsien word.

Die huis het 3 eetareas: op die oop terras met sitrusbome, op die onderdak-patio of in die binneste eetarea. Die gastehuis kan ook middagetepakkies of piekniekmandjies voorsien en in die aand braai of pot maak indien gaste dit versoek. Gaste moet asseblief die gastehuis inlig wanneer hulle bespreek. Die gashere is op die perseel en sal inligting gee oor doendinge, besienswaardighede en geriewe in die area.

Die gastehuis bied sekuriteit, wildkyk soggens en saans, al fresco-etes, 'n swembad en oggendstappies. Die landgoed bied tennis, gholf, vlugbal, muurbal en 'n gemeenskaplike swembad. Gaste kan hulle boot of jetski in die dam ter water laat of visvang, perdry, stap, fietsry, wildkyk of voëlkyk geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodlands Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false