Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is op 'n kleinhoewe op die randjie van Newcastle geleë. Hier kan gaste 'n rustige plaas-atmosfeer geniet, met honde en ander diere op die perseel. Ons verwelkom oornagreisigers, privaat besoekers asook professionele persone op besigheidsbesoeke na Newcastle. Oud en jonk is welkom. Plaasdiere hou van mense, maar klein kinders moet asseblief te alle tye onder ouertoesig wees.

Verblyf word gebied in 4 selfsorg-eenhede (geen ontbyt of ander maaltye beskikbaar nie). Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuis, badkamer en 'n oopplan-leef en slaaparea. Die eenhede het privaat stoepe met braaigeriewe. Al die eenhede het 'n TV met DStv en 3 van die eenhede het lugversorging in die slaapkamers. Wifi is beskikbaar.

Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek en 'n daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar.

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is net 1 km van die Black Rock Casino af, en 1,5 km vanaf Newcastle Mall, waar meeste van die gunsteling restaurante en winkels is. Newcastle het 3 gholfbane binne 'n radius van 30 km.

Newcastle is halfpad tussen Johannesburg/Pretoria en Durban. 'n Kort tydjie agter die stuur is ook al wat tussen jou en die geskiedkundige besienswaardighede van Isandlwana, Rorke's Drif, Majuba en die Bloedrivier-erfenisgebied staan. Wakkerstroom is 'n gunsteling besoekplek van voëlkykers en is 80 km vanaf Newcastle. Die pragtige Drakensberge is 'n raps meer as 100 km op pad na Durban en die baie populêre Midlands Meander raak nooit vervelig nie.

WoodStay Lodge Self-Catering Apartments is ideaal vir rus en ontspan, oorslaap, langer verblyf, kuier en braai. Uiltjie is 'n romantiese eenslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed. KitKat is ideaal vir 'n gesin of vriende (2 slaapkamers, 1 badkamer). Lonely Oak Cottage is perfek vir 'n paartjie met 1 kind of 'n volwassene.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir WoodStay Lodge Self-Catering Apartments
Netheid
5.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 7

Ligging

  • Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink WoodStay Lodge Self-Catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Newcastle KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hilldrop-weg 19, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 3
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkMGQxOGQxLWU0MGEtNDFiNS1iMTEwLThjZjA1YzBiZTlmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 19 Hilldrop Road Newcastle 2940 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -27.788797222222 29.950594444445
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem