Wynvaatjie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wynvaatjie skuil in Durbanville en is lekker naby al die wynplase, winkels en restaurante geleë. Dié selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste.

Wynvaatjie het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede badkamer word gedeel.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, en 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n dubbelslaapbank en 'n TV met DStv. Vir jou gerief laai ons 200 eenhede koopkrag voor jy inklok.

Wynvaatjie bied toegang tot 'n ommuurde perseel met 'n braaiplek. Parkeerplek is beskikbaar in 'n motorhuis en in die aangewese parkeerarea.

Slaapplek

'n Bespreking by Wynvaatjie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wynvaatjie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]