Xanadu

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Xanadu is 'n ruim, moderne selfsorgwoonstel met sy eie ingang en omheinde agterplaas in die stil buurt Tygerhof in Milnerton. Die woonstel is net 5 minute vanaf die strandmeer, strande en gholfbaan, en net 15 minute vanaf die middestad, V&A Waterfront en verskeie ander besienswaardighede.

Xanadu het slaapplek vir tot 2 volwassenes, en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis, eet- en leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, platskerm-TV en ingeboude kaste. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ens. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank en 'n platskerm-TV met DStv-Premium. Daar is ook 'n ingeboude braaiplek wat as kaggel ingespan kan word in die koue wintermaande. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite die woonstel is 'n stoepstel met sitplek vir 4. Veilige parkeerplek word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Xanadu sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Xanadu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za