Xanatseni Private Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Xanatseni Private Camp is 'n kampplek met 'n grasdak wat absolute gerief voorsien terwyl jy die bekoring en die atmosfeer van 'n vervloeë safari-era kan geniet.

Daar is 5 ruim kamers met en suite-badkamers en 'n boma waar gaste lekker om die vuur kan kuier. Dis ook ideaal om soggens met 'n koppie koffie om die vuur te sit voor die wildrit!

Geriewe op die perseel sluit die volgende in: 'n groot swembad met 'n uitsig oor die omliggende bosveld, 'n kroeg met 'n groot platskerm-TV en DStv, 'n patio met sonstoele en rusbanke, 'n uitkyktoring met 'n uitsig oor die watergat, 'n boma, 'n ten volle toegeruste gimnasium en verskeie oopplan-leefareas in die hooflodge en WiFi in die hoofareas.

Xanatseni het 'n toegewyde, inwonende span en hulle sal sorg dat daar in al jou behoeftes voorsien word. Die kamp spog met gemaklike, kontemporêre dekor regdeur. Die uitkyktoring by die ingang bied panoramiese uitsigte oor die bosse en kyk uit oor die plaaslike watergat vir diegene wat uitgemis het op die wildritte. Wildkyk by Xanatseni word gedoen in 'n oop voertuig en bied aan gaste die geleentheid om 'n wye verskeidenheid diere te sien, insluitend (maar nie beperk tot) die Groot 5 en hope voëlspesies.

Doendinge sluit wildritte, 'n gekwalifiseerde gids en staproetes op versoek in. Dienste sluit daaglikse skoonmaak van kamers, bos-ontbyte en -aandetes in.

Xanatseni is die tuiste van hope wild, insluitend leeus, luiperds, renosters, olifante en buffels. Behalwe vir die Groot 5 is daar ook kameelperde, sebras, vlakvarke, gevlekte hiënas, bobbejane, seekoeie, impalas, koedoes, blouape, waterbokke, wildebeeste, duikers en steenbokke.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Xanatseni Private Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za