Yalla Yalla Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Yalla Yalla Boutique Hotel is in Witbank geleë en dis vernoem na 'n Arabiese sêding wat beteken: "Kom ons gaan!" Die gevoel van beweging, energie en opwinding wat gepaard gaan met daardie frase is iets wat elke reisiger baie goed ken. Tog is Yalla Yalla in dieselfde asem ook 'n rustige toevlugsoord sodat jy kan wegbreek van die eise van die alledaagse lewe. Ons tariewe sluit ontbyt in.

Hierdie instansie se eerste prioriteit is ons gaste se gemak en genot en dit begin by ons perfekte, skoon, gerieflik gemeubileerde en ten volle toegeruste kamers. Die privaatheid van jou patio buite, die rustigheid en kalmte van die swembad binne en die atmosfeer in die kroeg en braaiplek sal alles bydra tot jou ervaring.

Ons streef daarna om al jou behoeftes te bevredig, of jy nou tyd alleen wil deurbring, jou werk vir die volgende dag wil voorberei, geselsies wil aanknoop of 'n aandjie in die stad wil deurbring. Oor naweke en vakansies maak ons ons deure oop vir gesinne en vakansiegangers op soek na 'n veilige plek om te rus terwyl hulle ons stad verken en ons voorsien ook inligting oor aktiwiteite in die omgewing.

By Yalla Yalla Boutique Hotel heg ons waarde aan die verstaan dat uitstekende diens by elke individu wat hier werk, begin. Klein dinge maak 'n verskil en die kennis dat die bydrae van elke persoon wat daar werk, die sukses van die besigheid bepaal en 'n omgewing skep waar elke gas wat ons besoek, teruggaan en hul vriende en familie aanbeveel om by ons te kom kuier.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Yalla Yalla Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 625 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za