Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Yellow Aloe Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Yellow Aloe (Geel aalwyn) gastehuis lê in die hartjie van die historiese dorp Clanwilliam en kyk uit oor die pragtige Sederberge. Dit gee natuurliefhebbers die geleentheid om die mooi Sederbergflora, geskiedkundige rotskuns en stap- en fietsroetes te verken. Binne gemaklike afstand is die Clanwilliam dam waar alle soorte watersport en baarshengel beoefen kan word.

Begin die dag met 'n ontbyt in die tuin en ervaar die vroegoggend geklets van die groot verskeidenheid voëls wat die tuin met ons deel. Geniet 'n piekniek en verken, of ontspan langs ons swembad met 'n goeie boek.

Ons nooi jou uit om te ontspan en die algehele vrede en stilte van ons mooi tuin te geniet, wat ook 'n kleinskaal-kwekery, ligte maaltye in ons koffiekroeg en die Plantskuur bied - 'n regte plaas-ervaring wag op jou!

Ons tuin het baie verskillende aspekte wat jy kan geniet. Ons is bevoorreg om nog 'n funksionele leivoor-sisteem in die tuin te hê wat lieflik deur die tuin vloei. Die bekoorlike geluid van water wat vloei is uiters ontspannend.

Ons 8 ruim kamers is smaakvol ingerig, het lugversorging en bied gratis WiFi regdeur. Elke gastekamer het sy eie TV met Netflix. Yellow Aloe bied 'n kongreslokaal vir 15 afgevaardigdes, en is ook 'n volmaakte plek vir 'n intieme bruilof en kleiner funksies. Ons personeel is toegewyd aan jou genot en sal volle ontspanning verseker.

Ligte aandetes is beskikbaar op versoek. Stel ons gerus in kennis as jy wil hê ons moet vir julle 'n bespreking maak by een van Clanwilliam se restaurante wat binne maklike stapafstand is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Switsers

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 61 resensies vir Yellow Aloe Gastehuis
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Cheryl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Jaar gelys 12

Ligging

  • Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Yellow Aloe Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Parkstraat 1, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhNzE1NWIwLTkxY2ItNGE3Yy1iNjNkLWViYjhiMTFhYWE5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 1 Park Street Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -32.180803 18.894272
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem