LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Yellowwood Loft Self-catering | LekkeSlaap
+12

Yellowwood Loft Self-catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klaassensweg 51A, Bishopscourt, 7708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Yellowwood Loft is in Bishopscourt, 200 m vanaf die wêreldbekende Kirstenbosch Botaniese Tuine en 15 minute se ry vanaf die Waterfront, Houtbaai en Muizenberg. Dié solderwoonstel het 'n romantiese atmosfeer en skuil in die boomtoppe met 'n pragtige uitsig.

Yellowwood Loft se naam is van 'n groot geelhoutboom langs die dek afkomstig. Die solder het 'n groot slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n slaapbank vir 2 kinders onder 12 jaar en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea het deure wat na 'n dek met 'n uitsig oor die Constantia-vallei en op die berge lei. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar en daar is van 19:00 tot 07:00 'n sekuriteitswag aan diens. Gaste kan in die pragtige tuin met 'n ryk voëllewe ontspan en daar is 'n afgeleë swembad met 'n lieflike berguitsig.

Die Constantia-wynplase soos Beau Constantia, Constantia Glen, Eagle's Nest en die historiese Groot Constantia is net 'n entjie se ry ver en bied heerlike kos, wyn en uitsigte. Daar is verskeie wandel-, voetslaan-, en bergfietsroetes vir alle fiksheidsvlakke en 2 roetes tot bo-op Tafelberg na die kabelkarretjie. Daar is ook 'n verskeidenheid gholfbane in die omgewing vir gholfspelers.

Slaapplek

’n Bespreking by Yellowwood Loft Self-catering sluit in:

Koninggrootte-bed Kinderbank vir 2
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Klaassensweg 51A, Bishopscourt, 7708, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klaassensweg 51A, Bishopscourt, 7708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA02173c339f49081ec6d16f6797846d94b47263d47c645c447a431f7d5f5dd948acb0c892e98f1926a1a2dca1b69eb5f65d5b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 2) 51A Klaassens Road Bishopscourt 7708 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9944372 18.4330859
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!