Zarose

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zarose is 'n Toskaanse gastehuis met selfsorgkothuise wat tussen die heuwels in Stellenbosch skuil en 'n ongelooflike uitsig bied. Dis omring deur wingerd, olyfboorde en wild, soos sebras, sabels en springbokke. Daar is 'n herehuis en deluxe selfsorgkothuise.

Die herehuis bied 11 en suite-slaapkamers. Elke kamer is na 'n olyfsoort vernoem. Daar is 'n groot sitkamer en leeskamer met 'n kaggel. 'n Vol Engelse ontbyt of Kontinentale ontbyt met vars koffie word in die ontbytkamer bedien.

Zarose bied 6 deluxe selfsorgkothuise met slaapplek vir 4 en 2 deluxe selfsorg-solderkothuise met slaapplek vir 5. Elke kothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n kombuis wat volledig toegerus is. Ontbyt is opsioneel en in die herehuis beskikbaar.

Zarose Manor House bied 'n swembad en dek met 'n mooi uitsig. Daar is ook plek om te mediteer op die 27-ha-plaas wat met verskeie paadjies bereik kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zarose gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za