Zeals Rise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zeals Rise bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis, geleë in die Marloth Park Bewarea, wat die grens vorm tussen die Krokodilrivier en die suidelike Krugerwildtuin, een van die grootste wildreservate in Suid-Afrika.

Die siersteenhuis het 3 slaapkamers, 'n solder, 1 badkamer met 'n stort en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -sitkamer. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die solderkamer het 'n enkelbed en 'n klein balkon. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n oondjie en stoof, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n TV met 'n sekere kanale. Daar is waaiers in al die vertrekke.

Gaste kan afkoel in die plonspoel op warm somersdae. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe en in die aande kan jy ontspan by die vuur terwyl jy na die geroep van die wild luister. Daar is 'n kroeg, 'n geriefswinkel en 'n petrolstasie na aan die huis geleë. Daar is verskeie doendinge in en om Marloth Park. Beplan 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin, aangesien die Malelane- en Krokodilhekke albei nabygeleë is. Geniet 'n skemerkelkie of piekniek by een van die uitkykpunte langs die Krokodilrivier of gaan speel 'n potjie gholf by die gholfbaan in Komatipoort.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zeals Rise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za