Bela-Bela Akkommodasie by 24 Zebula | LekkeSlaap
+17

24 Zebula

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

24 Zebula is 'n selfsorg-vakansiehuis met die ideale ligging op die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula is 'n 5-ster-gholflandgoed, 'n natuurreservaat en 'n gesondheid-spa op 'n stuk Afrika-bosveld van 1600 hektaar in die skaduwee van die Waterberge.

Hierdie selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging en buitestorte en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n boma en 'n swembad met 'n veiligheidsnet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof met 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, potte en panne, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense in die eetkamer. Die sitkamer het 'n kaggel, 'n platskerm-TV met DStv en 'n ingeboude kroeg en 'n pooltafel.

Die onderdak-kuierplek het 'n ingeboude braaier, buitemeubels, sonstoele en 'n swembad met 'n veiligheidsnet. Verder is daar ook 'n boma met 'n vuurput waar gaste die pragtige sterrehemel kan geniet. Skoonmaakdienste is ingesluit behalwe op openbare vakansiedae.

Slaapplek

’n Bespreking by 24 Zebula sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Plaas 534, Mabula, Zebula 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula 24, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZhMjc3NjhhLTc1MzUtNDYwNy05NDRjLTkzYjdkMjkxYjVkYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 500  per nag (plek vir 8) Farm 534, Mabula 24 Zebula 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -24.765 27.950028
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za