304 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

304 Zebula is 'n luukse selfsorgvakansiehuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa, in die privaat Kareefontein gedeelte. Zebula bied 'n 5-ster-gholfbaan, 'n natuurreservaat en 'n gesondheidspa op 1600 hektaar Afrika-bosveld in die skadu van die Waterberge.

Die ruim dubbelverdieping-selfsorghuis bied slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers. Elke slaapkamer het lugversorging en beskik oor 2 driekwartbeddens en 'n en suite. Die kombuis, eet- en leefarea is op die grondvloer geleë en dit is oopplan.

Die leefarea het 'n gaskaggel en gasbraaigeriewe binne. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, klein toebehore, potte en panne. Die patio het 'n ingeboude braai en dit lei na die swembadarea. Daar is 'n tweede oopplan-leefarea bo en dit het 'n gaskaggel, 'n pooltafel, tafeltennis en 'n kroeg om lekker te onthaal. Daar is 'n balkon met lieflike uitsigte. Albei sitkamers het 'n TV met DVD-speler en volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die selfsorgkothuis kan apart bespreek word en bied slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 en suite-kamers met lugversorging. Elke kamer het 2 driekwartbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kombuis, eet- en leefarea is oopplan. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die kothuis het 'n patio met ingeboude braaigeriewe. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, behalwe op openbare vakansiedae.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 304 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za