Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zebula 317

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 000 per nag (plek vir 14)

Beskrywing

Zebula 317 (Kukama's Rest) is 'n pragtige bosveld-lodge in Kareefontein naby Bela-Bela. Die lodge het 'n vyfslaapkamerhuis en 'n woonstel wat dié bestemming perfek vir 'n groep of familie maak.

In die hoofhuis is 4 kamers ingerig met koningingrootte-beddens. Die ander kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort, die hoofslaapkamer se badkamer het beide. Die kamers het lugversorging. Sommige kamers lei na 'n patio en bied lieflike bosveld-uitsigte.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n Nespresso-koffiemasjien, 2 yskas-vrieskaste, 'n Falcon-gasstoof en elektriese oond, mikrogolfoond, perkoleerder, die nodige messegoed, breekware, potte en panne. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Maaltye kan binne of buite genuttig word. Die huis het 2 sitareas en 'n aparte 1 vir kinders. Die sitarea beskik oor TV met DStv, DVD-speler en knus kaggels. Die kinders se leefarea het ook slaapplek vir 2 kinders. Die leefareas maak lei na 'n patio met binnebraai-geriewe.

Die woonstel is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel beskik ook oor 'n kombuise wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, ketel en basiese kombuisgerei.

Die lodge het 'n swembad en saans kan gaste by die boma ontspan en sterre kyk. Daaglikse skoonmaakdienste word voorsien.

Zebula 317 is rolstoelvriendelik. Gaste sal by die voordeur kan inkom, in die grondverdieping-leefarea kan rondbeweeg en hulle sal ook toegang tot die stoep en buite-leefarea hê. Rolstoelhellings en -paadjies, van ongeveer 80 cm breed, bied toegang tot die boma en die woonstel. Let asseblief daarop dat die woonstel se wasbak en toilet toeganklik is vir rolstoele, maar dat daar nie die nodige relings is om gaste te ondersteun nie. Die wasbakke in die huis is egter nie toeganklik vir rolstoelgebruik nie.

Die lodge word dikwels deur 2 njalas en vlakvarke besoek en vroegoggend kan 'n nagapie ook dikwels gewaar word. Verskeie diere kan by die reservaat besigtig word en wildritte kan op aanvraag bespreek word. Die lodge is naby Elephant Encounters geleë en Zebula Country Club and Spa is ook om die draai as jy lus is vir 'n potjie gholf of spa-bederf.

Zebula 317 is perfek vir natuurliefhebbers, gholf-entoesiaste, korporatiewe gaste of diegene wat bloot vir 'n naweek wil wegbreek.

Slaapplek

’n Bespreking by Zebula 317 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 14 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
4 xKoningingrootte-bed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 20 resensies vir Zebula 317
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

connie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Jaar gelys 7

Ligging

  • Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
  • Gaste dink Zebula 317 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag (plek vir 14)
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag (plek vir 14)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R516, Kareefontein-plaas, Bela-Bela, 0490, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0NDFhYTAyLTAzMTktNGQ1Yi05MmViLTgxODliMjRiY2I4Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 000 per nag (plek vir 14) 20 5 1 5 Off the R516 Farm Kareefontein Farm 0490 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.729347 27.940654
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem