ZEE-Uitsig Tuscany @ Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

ZEE-Uitsig is in 'n veilige kompleks, Tuscany @ Sea, in die rustige Tergniet-woonbuurt in Klein Brak geleë. Die kompleks is net 500 m van die strand af en gaste kan gerus hulle oë oophou vir walvisse wat gedurende die migrasie-seisoen in die water baljaar. Daar is verskeie gewilde visvangbestemmings en natuurlike getypoele in die omgewing.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ekstra slaapplek vir 1 gas teen ekstra koste beskikbaar.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar.

Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Die huis spog met 'n binne- en 'n buitebraai sodat gaste heel jaar lank kan kuier.

Daar is 'n lieflike speelarea vir kinders in die kompleks en gedurende die feesseisoen word 'n Kersboom opgeslaan om tot die feestelike atmosfeer by te dra.

ZEE-Uitsig is naby Mosselbaai waar gaste die Langeberg Mall, visvangbote, haaihokduik, museums en gewilde Dias-strand kan besoek. Hartenbos is ook naby en bied die ATKV-oord, sowel as George met die pragtige Outeniekwaberge en Eden Meander Lifestyle-sentrum.

Die gasheer voorsien houtskool of brikette vir 'n lekker kuieraand om die vuur.

Slaapplek

'n Bespreking by ZEE-Uitsig Tuscany @ Sea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 1

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na ZEE-Uitsig Tuscany @ Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za