Zemira Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zemira Gastehuis bied verblyf in Ermelo. Dié dorp spog met natuurlike besienswaardighede en is ideaal geleë in die gras- en vleilande van Mpumalanga.

Dié gastehuis beskik oor 4 slaapkamers, elkeen met 'n privaat ingang wat toegang bied tot die tuin en parkeerplek. Daar is 3 slaapkamers wat slaapplek het vir 2 gaste en die vierde slaapkamer is 'n gesinseenheid wat slaapplek het vir 2 volwassenes en 2 kinders. Alle slaapkamers het ook 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond en 'n TV met beperkte toegang tot Openview HD-kanale.

Gaste kan in die gesellige gemeenskaplike sitkamer of ontbytarea ontspan of 'n braai op die perseel geniet. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Ermelo bied verskeie doendinge soos swem, visvang, voëlkyk, voetslaan, gholf, kunsvlieghengel en 'n kans om wild te gewaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zemira Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za