Ziggy's Den

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ziggy's Den bied selfsorgverblyf in Uvongo aan die Hibuskuskus wat ideaal is vir 'n vakansie. Hiér kan jy heerlik op die patio ontspan met lieflike see-uitsigte. Die inwonende huishoudster sal jou verwelkom en sorg dat jy lekker tuis voel.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede. Die hoofhuis het slaapplek vir 6 gaste en die aparte kothuis het slaapplek vir 2 gaste. Dié eenhede kan saam of apart bespreek word. Die hoofhuis en kothuis is volledig toegerus en alle geriewe is beskikbaar.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n sit- en eetkamer, asook 'n kombuis. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is ook 'n pragtige onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe.

Die kothuis het 1 slaapkamer, 1 badkamer, sit- en eetarea en 'n kombuis. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die kombuisie is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is ook 'n ontbythoekie met 2 stoele. Die sitarea bied gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Die eenheid het 'n pragtige onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en is omhein, apart van die hoofhuis.

Die huis en kothuis word daagliks deur die inwonende huishoudster skoongemaak.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ziggy's Den gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za