Zimbali Views ZBG1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zimbali Views ZBG1 is 'n selfsorghuis op die Zimbali Gholflandgoed aan die Noordkus. Die landgoed spog met verskeie geriewe en doendinge om gaste te vermaak.

Dié ruim dubbelverdieping villa het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 kamers elk met 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die hoofslaapkamer, kombuis en leefareas is op die boonste verdieping. Die tweede, derde, vierde en vyfde kamers is op die onderste verdieping en elke kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers het almal 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad of beide.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en ander basiese kombuisware toegerus. Die oopplan-leefarea lei na 'n balkon met buitemeubels en braaigeriewe. Die TV-kamer is onder, het DStv en lei na 'n binnehof met 'n plonspoel.

Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar. Die landgoed spog met swembaddens, 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n spa, tennis- en muurbalbane, 'n privaat strand wat watersport bied en vele meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Zimbali Views ZBG1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zimbali Views ZBG1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 250 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za