Zingela Nature Reserve - Baobab Tented Lodge
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zingela Natuurreservaat, Tolwe, 0690, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 100 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Baobab Tented Lodge is 'n lieflike selfsorgkamp in Zingela Natuurreservaat in die hartjie van die Bosveld. Dié reservaat is 27 000 ha en in Tolwe, Limpopo geleë - sowat 200 km vanaf Mokopane en Polokwane en net 4 en 'n half ure se ry vanaf Johannesburg en Pretoria.
Dié tentkamp skuil bo-op 'n koppie tussen kremetartbome. Daar is 4 luukse safari-tente. Elke tent het 'n en suite-badkamer en 'n privaat dek met dekstoele vanwaar jy die ongerepte bosveld kan bewonder.
Daar is 'n gemeenskaplike kombuis, swembad en braai-area.
Wild soos jagluiperds, buffels, kameelperde, sebras, blouwildebeeste, rooihartbeeste, sabel, koedoes, elande, impalas, waterbokke, duikers, steenbokke en jakkalse is in die reservaat te sien. Afrika wildekatte, ystervarke, aardvarke, hiënas en luiperds word minder opgemerk. Doendinge in die reservaat sluit wilduitstappies, wildritte, voëlkyk en watergat-uitkykpunte in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Zingela Natuurreservaat, Tolwe, 0690, Limpopo
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Zingela Natuurreservaat, Tolwe, 0690, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom