Malelane Akkommodasie by Zion's | LekkeSlaap
+38

Zion's

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witkruisarendstraat 763, Fish Eagle Bend, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Zion's is ‘n gerieflike selfsorgwoonstel in Malelane. Dit is ideaal vir sakereisigers, gaste wat na die Krugerwildtuin of oor die grens reis of ‘n oornagstop, maar ook heerlik vir langer tydperke. Gaste is dalk gelukkig genoeg om saans ‘n seekoei, leeu of hiëna te hoor.

Dié woonstel bestaan uit ‘n slaapkamer, badkamer, toe balkonnetjie en leefarea.

Die slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en lugversorging asook genoeg kaste met ‘n en suite-badkamer, wat ’n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die leefarea is ‘n oopplan-sitarea en kombuisie wat lugversorging het.

Die kombuisie is ten volle toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof met ‘n oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware.

Die sit-area het 2 enkelbeddens, ‘n lessenaar en houtbankie. ‘n Ekstra matras vir die vloer asook ‘n bababed is beskikbaar indien vooraf gereël. Daar is ‘n platskerm-TV met die volle DStv-pakket en ‘n radio.

Die balkon het ‘n tafel en 2 stoele met ‘n uitsig op ‘n berg in die Krugerwildtuin. Op die balkon kan maaltye genuttig word en bordspeletjies en verskeie Afrikaans en Engels boeke is in die woonstel beskikbaar.

Die woonstel het sy eie ingang en is apart van die huis. Om die woonstel te bereik, is daar sementtrappe, maar die trappe is breed en maklik om te klim. Die woonstel binne het geen trappe nie. Daar is omderdakperkeerplek agter ‘n toesluithek. Dis groot genoeg vir ‘n voertuig en Venter-sleepwa.

‘n Wasgoeddiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Braaigeriewe is beskikbaar, mits dit vooraf gereël is en braaihout, houtskool en blits kan addisioneel aangekoop of gereël word.

Die instansie kan namens gaste safari-uitstappies asook uitstappies na Swaziland, Mosambiek en die Panorama-gebied, bespreek. Dit is slegs ‘n diens wat gelewer word deur Zion’s en die betalings word direk deur die toermaatskappy hanteer.

‘n Versender is beskikbaar en data kan direk by Zion’s aangekoop word.

Piekniekmandjies is teen 'n addisionele koste beskikbaar en moet vooraf bespreek word. Etes kan ook addisioneel gereël of berei word. 'n Pendeldiens tussen Malelane en O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Lanseria Lughawe of Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Zion is ongeveer 8 km vanaf die gewilde Leopard Creek en Malelane-gholfbane, 10 km van die Maleane-hek na die Krugerwildtuin en kan maklik vanaf die N4 bereik word. Malelane is slegs 45 km vanaf Mosambiek, 35 km vanaf Swaziland en 6 km vanaf verskeie sportgronde.

Slaapplek

’n Bespreking by Zion's sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Alle Etes Ingesluit
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 29 resensies vir Zion's
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Witkruisarendstraat 763, Fish Eagle Bend, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Zion's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witkruisarendstraat 763, Fish Eagle Bend, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz3oWMyZEndaXrAbbLVk2T0z9tyUwDzOY44euxgsIjM9Nyg1p0j?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 4 persone) 29 5 1 5 763 Witkruisarend Street Fish Eagle Bend 1320 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.488829562505 31.50092381984
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za