Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zonnenstrahl Guesthouse

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 371, New-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Zonnenstrahl Guesthouse is in die buitewyke van die skilderagtige dorpie Nieu-Bethesda geleë en bied gerieflike, bekostigbare en stylvolle selfsorgverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Die gastehuis kombineer ouwêreldse bekoring met moderne geriewe om aangename verblyf te verseker. Die huis kan as 'n geheel aan 8 gaste verhuur word of kleiner groepe kan Oupa Barend bespreek met slaapplek vir 6, of Oupa Alph met slaapplek vir 2.

Oupa Barend is 'n selfsorghuis met 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n sitarea en 'n eetarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as 'n opwaskamer toegerus.

Oupa Alph het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die suite het ook 'n sitarea met 'n kaggel en Franse deure wat na die stoep en tuin lei. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Albei eenhede het Franse deure wat na die tuin en stoep lei. Zonnenstrahl het ook 'n lekker buitebraai-area vir gaste. Alle gaste het toegang tot die tuin en veilige parkeerplek op die omheinde perseel.

Met dié dat daar nie TV's is nie, kan gaste die asemrowende uitsig op die omliggende berge en die rustigheid wat die Karoo bied geniet. Kom ervaar die knetterende vuur, die bloeisels in die lente, die herfsblare en die sterre.

Nieu-Bethesda het nie 'n vulstasie, bank of kredietkaartgeriewe nie. Gaste moet hulle tenks en beursies volmaak voor hulle arriveer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 26 resensies vir Zonnenstrahl Guesthouse
Netheid
3.8/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Elmaree Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 71

Jaar gelys 6

Ligging

  • Plot 371, New-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Zonnenstrahl Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 200
R1 200 R1 080
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 371, New-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6f2be8529ef883c15a080071b3a9213b0b98ed93699695af356fc0f7ef0cecadba984ab7926526a5cae617329a567256a46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 26 5 1 4 Plot 371 New Street 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.873355072597 24.551473904068
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem