Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zululand Lodge

Tentekamp
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die P476, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 840 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Zululand Lodge is 'n tentkamp in privaat besit in die 800 hektaar-grootte uKuwela-bewarea aan die Olifantkus in die noorde van KwaZulu-Natal. Dit bied asemrowende uitsigte oor die Msinene-riviervallei en die omliggende bosveld. Die lodge is naby die Hluhluwe, die gewilde Hluhluwe-iMfolozi-park en die iSimangaliso-vleilandpark, 'n Wêrelderfenisgebied.

Hierdie eko-vriendelike lodge bied gaste 'n keuse tussen smaakvol versierde en suite-permatente wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het. Die tente het driekwartbeddens of dubbelbeddens met gehaltelinne, en en suite-badkamergeriewe. Die verblyf sluit ontbyt, middagete, aandete, tee en koffie in die eetarea van die lodge en 1 begeleide wandeling deur die bewarea in.

Gaste kan in die buitelug-sitarea agteroorsit en heerlike tuisgemaakte maaltye word in die ruim eetarea bedien. Op die boonste verdieping is daar 'n uitkykdek waar gaste ononderbroke uitsigte oor die natuurskoon en lieflike sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand kan geniet.

Die lodge is ontwerp en gebou as 'n omgewingsvolhoubare projek. Dit het 'n sonkragstelsel met LED-beligting regdeur die kamp en is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk. Reënwater word in tenks opgevang en gebruik vir skoonmaak, besproeiing en die klein watergat voor die lodge. Gryswater word in 'n septiese-dubbeltenkstelsel behandel en die lodge voorsien slegs bio-afbreekbare seep in die badkamers. Plaaslike inwoners vorm 90% van die lodge se personeel en daar is 'n interne opleidings- en ontwikkelingsprogram vir personeel.

Die begeleide bosvelduitstappies bied 'n geleentheid om die menigte voëls in die area te sien, asook 'n kans om njalas raak te sien. Die instansie spog ook met 'n luiperd-populasie en seekoei-trop.

Vir 'n Groot 5-ervaring kan gaste na enige van die reservate in die omtrek gaan, wat verskeie opsies bied, soos begeleide toere in 'n oop wildkyk-voertuig of 'n bootvaart op die St. Lucia-meer. Gaste kan ook gaan skubaduik by die ikoniese Sodwanabaai.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Zululand Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Langs die P476, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Zululand Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die P476, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5ZTc0NGYwLWNlNTUtNDU1NS1hODJkLTU3M2JjODZiZDQ0MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 840 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Off the P476 Hluhluwe 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.899320779651 32.313201147152