Zuurberg Mountain Village
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 105 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zuurberg Mountain Village bied 'n historiese atmosfeer hoog in die Zuurberge. Dit is 'n rustige, unieke toevlugsoord in die berge en sluit 160 hektaar inheemse plantegroei en luisterryke uitsigte oor die Addo-olifantpark in.
Hierdie historiese hotel is 160 jaar oud en net 'n uur se ry van Gqeberha (Port Elizabeth) af. Gaste wat by ons aanklop word bederf met die elegante atmosfeer van 'n vervloë era. 5 van ons 9 kamers is gesin-suites. Elke kamer is toegerus met 'n kroegie, privaat stoep met wonderskone uitsigte en 'n volledige badkamer met stort en bad. Die kamers is gerieflik geleë naby die sitkamer, eet-areas en die swembad en sal jou noop om jou besige roetine te laat staan en jouself te verloor in die skoonheid van die omgewing.
Oordeelkundige reisigers kan gerus een van ons Edwardiaanse kothuise bespreek. Die kothuise se ligging bied pragtige uitsigte oor die berge en die vallei. Elke kothuis het 2 privaat stoepe (een aan die westekant en een aan die oostekant) waarop gaste kan ontspan en hulself verlustig in die sonsopkomste en -ondergange. Zuurberg Village maak net voorsiening vir volwassenes en is toegerus met swarthoutvloere, klimaatbeheer, ondervloerse verhitting, 'n losstaande bad en 'n binne- en buitestort (warm en koud).
Klop aan by Zuurberg Mountain Village vir 'n paar dae en ervaar 'n tradisie van puik gasvryheid. Die Addo Nasionale Olifantpark omring die hotel en bied fantastiese perdry- en staproetes (daar is roetes vir almal: van beginners tot hardebaarde). Bergsebras, elande, koedoes, bosbokke, duikers, rooihartbeeste en ander endemiese wild kan hier besigtig word. Die voëllewe is ook pragtig: hou jou oë oop vir die bosmusikante en Knysna loeries (om maar 'n paar te noem). Gaan kyk gerus ook vir die renosters by die Darlingtondam na 'n rowwe rit in jou 4x4. Die Addo-olifantpark en Zuurberge bevat van die laaste stukkies ongerepte rivierwoud en bergfynbos in die streek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Gaste dink Zuurberg Mountain Village het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Addo-olifantpark Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom