Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zvakanaka Gasteplaas

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zvakanaka-plaas, Witvlag-pad, Makhado, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hierdie rustige plek in die Soutpansberge, in Limpopo, bied 'n romantiese wegbreek vir 2, 'n verruklike familiekothuis vir 4 en 'n afgesonderde kampplek. Die plaas is die perfekte oornagplek op pad na Beitbrug, Mapungubwe en die Krugerwildtuin.

Igababa Cabin bestaan uit 'n ooplan-slaapkamer en -leefarea met 'n kaggel en 'n aparte kombuis en badkamer. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die kajuit kan slegs 2 mense in 'n dubbelbed akkommodeer: dit is nie geskik vir kinders nie.

Daar is 'n groot houtdek van die voorkant van die kajuit af en 'n braai-area langs die kombuis onder 'n doringboom. Daar is 'n swart 2 m x 3 m swembad langs die veranda. Onder die bome, met 'n pragtige uitsig van die berge, is 'n luukse ovaal dubbelbad. Gaste kan die wasmasjien by die kampeerplek gebruik teen geen ekstra koste nie.

Madala's Cottage het 'n groot hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, met sy eie en suite-toilet en aparte stort. Die tweede slaapkamer is klein het het 2 enkelbeddens. Die kamer het sy eie stort en toilet. Vanuit die stort, deur glas skuifdeure, is 'n buitelugstort en dubbelbad in 'n geslote tuin. Daar is 'n oopplan-leefarea, -kombuis en -eetkamer. Daar is 'n Jetmaster-kaggel en beide slaapkamers het muurverwarmers.

Die tuin het groot deure wat kan oopmaak en wonderlike uitsigte van die bome en berg bied en gaste is totaal privaat. Indien 'n snoesiger gevoel verkies word kan die deure toe bly.

Daar is 'n klein swembad voor die kothuis met pragtige uitsigte van die berge. Daar is 'n vlak deel perfek vir kinders en 'n dieper duik deel.

Beide die kajuit en kothuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is 'n gasstoof met 4 plate, 'n mikrogolfoond, yskas met klein vrieskas, 'n braaier buite en 'n vuurmaakplek op die grond. 'n Ruim hoeveelheid vuurmaakhout word voorsien. Daar is 'n TV, DStv-toegang teen geen ekstra koste nie en 'n CD/radiospeler. Daar is ook 'n wasmasjien.

Madala's Cottage het gratis, onbeperkte WiFi en Igababa Cabin kan die gratis, onbeperkte WiFi van die Cyber-kafee by die kampeerplek gebruik.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 34 resensies vir Zvakanaka Gasteplaas
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gail Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Jaar gelys 10

Ligging

  • Zvakanaka-plaas, Witvlag-pad, Makhado, 0920, Limpopo
  • Gaste dink Zvakanaka Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zvakanaka-plaas, Witvlag-pad, Makhado, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiNTQ3N2NmLTkxNDEtNDA1Zi1iOTU4LTM1YTUyNDM0YzM1Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 Zvakanaka Farm Witvlag Road 0920 Limpopo 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -22.977784379514 29.952657222748
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem