Zwahili Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 50 % af

Kry 50% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Hier kan gaste 'n egte bosveldervaring met gemak, styl en luukse geriewe beleef. Hierdie eksklusiewe privaat lodge is 2 ure noord van Johannesburg in 'n malariavrye area aan die voet van die Waterberge in Limpopo.

Die lodge bied 3 Hooflodge-kamers, 4 Safari-suites, 2 Executive-suites en 'n Royal African Presidensiële-suite.

Die mees asemrowende sonsondergange kan van die groot houtdek af bewonder word en gaste kan gerus van die opelug-boma gebruik maak. Die lodge het ook 'n swembad.

Wildritte word deur 'n ervare boswagter gelei en bied gaste die geleentheid om leeus, kameelperde, sivetkatte, rooikatte, sebras, blouwildebeeste, elande, rooibokke, rooihartebeeste, volstruise, gemsbokke, waterbokke, blesbokke, koedoes, bosvarke, vlakvarke en verskeie ander diere te sien. Daar is meer as 400 voëlspesies te siene, onder meer die skaars akkedisvalk en die bruin slangarend. Die wêreldberoemde Nylsvlei-voëlpark is ook nabygeleë vir ywerige voëlkykers.

Die Waterbergreeks in Limpopo is 'n verruklike landskap wat bestaan uit onontdekte berguitsigte, diep klowe, oeroue rotskuns, helder strome en golwende grasvelde, almal ryk aan inheemse plante, voëlspesies en wild.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zwahili Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 100 R3 550 per nag (vir 2 mense)

Kry 50% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za