Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Gauteng

Jou gids tot Johannesburg

Was jy al ooit in die besigste stad in Suid-Afrika sonder ’n idee oor waar om te gaan of waarmee om jouself besig te hou? Johannesburg is nie net die ekonomiese kern van Suid-Afrika nie, maar bied besoekers die geleentheid om iets anders as die gewone see-vakansie te beleef. Tussendeur die gejaag van die Goudstad […]

Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng

Soos gesien op Maroela Media. Hierdie jaar is beslis een vir die geskiedenisboeke en iets wat baie mense reg oor die wêreld geleer het, is dat gehaltetyd saam met jou naastes ongelooflik kosbaar is! Soos die jaar einde se kant toe staan, dink ons dis tyd dat jy en jou geliefde vir ’n wyle van […]

’n Vakansie langs die Vaalrivier

Droom jy daarvan om uiteindelik uit die stad te ontsnap en êrens langs ’n rivier af te saal? Dan is dit nou tyd dat jy na hierdie lekker plekke langs die Vaalrivier kyk! Die Vaalrivier is die grootste syloop van die Oranjerivier en vorm die grens tussen Mpumalanga, Gauteng en Noordwes in die noorde en […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel […]

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies

Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van […]

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch

Vandeesweek reis OPTOG! se kombi’s al die pad tot in Pretoria. As jy daarvan hou om te lag, sal Nataniël jou laat skater en Laurika Rauch se lirieke sal jou voorwaar in vervoering laat. Laurika Rauch tree op 18 en 19 Maart in die Attebury-teater in Pretoria op. Dié vertonings is ongelukkig uitverkoop, maar hierdie legendariese […]

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet […]