Die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika te vind en te bespreek!
LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG

LekkeSlaap blog

Kategorie: LekkeSlaap Onthou

10 bekoorlike boomhuisblyplekke

Kom maak jou boomhuis-droom uit jou kinderjare hiér waar! Net omdat ons nie meer kinders is nie, beteken nie ons wil ook soms net ’n bietjie tussen die boomtoppe gaan wegkruip nie. LekkeSlaap.co.za het ons gunsteling-boomhuisblyplekke reg oor die land bymekaargemaak en ’n lekke lys met die nodige inligting opgestel, sodat jy jou volgende wegbreek […]

LekkeSlaap se flinkdink-vasvra oor SA

In die motor op pad na jou vakansiebestemming, rondom die braaivleisvuur of in die kombuis besig om reg te maak vir ’n groot feesmaal, hier is ’n paar vrae oor Suid-Afrika wat jou en die gesin aan die dink sal kry. LekkeSlaap daag jou uit om jou kennis oor jou tuisland te toets en dan […]

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]

50 Jaar Later: Nuwe Opskudding oor Tulbagh se Aardbewing

Soos gesien op Maroela Media. Toe Oom Koos dáái namiddag terugstap huis toe en sy hond hom nie soos gewoonlik al ’n entjie in die pad af kom haal nie, het hy geweet iets is nie pluis nie. Dié iets sou toe in die mees vernietigende aardbewing wat Suid-Afrika al getref het ontaard en het […]

Wim se werfstories en Suid-Afrika se gewildste grasperke

Die werf van ’n plaas is waar álle dinge bymekaarkom, die sterre, die diere, die mense wat daar werk, die eienaar, die kinders, die kos, die honger, die onreg – dis alles, alles plek op ’n werf – Antjie Krog Ek onthou nog óns werf. Ek sien in my geestesoog die stoep en ons twee […]

’n A tot Z-fotogids tot die Suidelike Skiereiland

“Nee, dis te ver!” ─ dié woorde het menige besoek aan die Suidelike Skiereiland al in die wiele gery. Ek moet bieg: Voor ek ’n paar jaar gelede Muizenberg toe getrek het, was ek self nog nooit hier nie. Maar as ek soggens die vars seelug inasem wanneer ek my woonstel verlaat en die sonsopkoms […]

Waar Chrissiesmeer haar naam gekry het en ander verhale

Suid-Afrikaners is miskien vertroud met die N17 wat deur Mpumalanga se Chrissiesmeer na Swaziland loop, maar die storie agter dié pad strek meer as 150 jaar terug. Chrissiesmeer is die middelpunt van die sogenaamde Reënboogroete wat vanaf Kriel, deur Bethal, Ermelo, Amsterdam, Piet Retief, Vryheid, Melmoth tot in Mtunzini strek. LekkeSlaap het in dié geweste […]

Verbeel jou jy’s ’n sepie-ster by dié blyplekke

Of jy nou ’n aanhanger van romanse, komedie, speurverhale of rillers is ─ by dié bekende blyplekke kan jy jou drome oor beroemdheid gaan uitleef! LekkeSlaap wys jou ’n handjievol plekke wat al op jou kassie verskyn het en waar jy jou kan verbeel jy is ’n sepie- of filmster. Kleinkaap Boutique Hotel Centurion Baie […]

KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!