Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Winter

10 huise met kaggels vir groepe

Reg oor die land begin almal stadig maar seker weer hul wintersklere uitpak, sopresepte uitruil en natuurlik seker maak daar is genoeg hout om die kaggel te stook. Maar die koue weer beteken nie julle hoef by die huis sit nie ─ inteendeel, dit is nou dié perfekte tyd om daardie winterwegbreek saam met jou […]

Romantiese bergkothuise vir die winter

Die winter is hier en met die dae wat soveel korter is, is dit maklik om elke dag van punt A tot B te jaag en in die proses tred van jou spesiale persoon te verloor. Hoekom dan nie die koue uit die winter haal met ’n romantiese wegbreek in die berge nie? LekkeSlaap.co.za het […]

Hiér kan jy op Groot Vyf-avonture gaan

Vir dié wat die Krugerwildtuin al platgetrap het, of op soek is na plekke ’n bietjie nader aan die huis om wild te kyk, is daar nie ’n tekort aan opsies in Suid-Afrika nie. Die Groot Vyf is nie net tot die Krugerwildtuin beperk nie en dit is soms juis in van die ander parke […]

Suid-Afrikaanse woude om in die winter te verken

Soos gesien op Maroela Media. Soos wat die somermaande tot ’n einde kom en winterserpe uit die kas gehaal word, raak dit tyd om ’n afkoel-sessie in die see vir ’n aand voor die kaggel in die woud te verruil. Suid-Afrika se natuurryk is so divers dat elke woud wat in dié land verken word, […]

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]

Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?

Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]

Slaan Tent Op in Namibië

Daar was nog altyd vir my iets omtrent winter en kamp. Soggens is die lug kraakvars, gisteraand se reën nog op die tent vasgeplak en ’n paar warm kole wat die nat aand oorleef het lê nou waar daar gisteraand ’n braaivleisvuur was. Dis daardie eerste koppie stomende boeretroos terwyl jy tevergeefs langs die kampvuur […]

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem