Voel dit soms of jou ore begin sing en jou week ekstra dae bykry? Of wonder jy gereeld wanneer laas jy net gesit en ontspan het? ’n Rustige wegbreek is dan net die regte medisyne vir jou! LekkeSlaap het ’n lys van privaat verblyf saamgestel. By dié plekkies kan jy ’n bietjie met die natuurgeluide wat jou aan die slaap sus gaan rus.

Berghoff – 25 km buite Porterville, Wes-Kaap

Privaat verblyf_Berghoff

Berghoff se selfsorg-chalets is op ’n proteaplaas net buite Porterville geleë en laat jou hart trots Suid-Afrikaans klop as dié bekende blomme oral om jou pronk. Elke chalet is na ’n proteafamilie vernoem, bied ’n uitsig op die Olifantsrivier- en Kouebokkeveldberge en is ver van mekaar geleë om privaatheid te verseker. Julle kan die plaas te voet of op ’n fiets verken of ’n dag by die nabygeleë Groot Winterhoek Wildernis-area met sy besonderse rotsformasies en ryk diere- en plantelewe deurbring.

Berghoff_Wes-Kaap

Springwater CottagesFicksburg, Vrystaat

Privaat verblyf_Springwater Cottages

Verbeel jy soms jy sonbaai op ’n stoep met vlaktes wat voor jou uitstrek? As jy by Springwater Cottages bespreek, kan jy ophou verbeel en dit self beleef! Met unieke kenmerke soos luukse gansveer-duvets en bronwater word gaste hier ook met ’n beeldskone sonsopkoms en -ondergang bederf. Die kothuise is troeteldiervriendelik en die mak kleinwild en voëls kan vanaf jou stoep besigtig word. Daar is ook verskeie paaie vir diegene wat die plaas met sy verskeidenheid oeste, soos mielies en sonneblomme, ’n bietjie wil verken.

Springwater Cottages_Vrystaat

Sequoia Garden RetreatLaeveld, Limpopo

Privaat verblyf_Sequoia Garden Retreat

“Die stilte en mooiheid van die natuur om jou slaan jou asem weg.” Sarina S.

Sequoia Garden Retreat slaan die spyker op die kop as jy na ’n rustige, stil wegbreek op soek is. Dié selfsorgkothuise kruip in ’n vallei tussen die Magoebasberge weg waar die natuurklanke sing. Gaste kan forel of baars in die damme vang, piekniek hou en die dag met ’n lekker braai afsluit. Ander luukse geriewe, soos ’n volledige kombuis en ’n koningingrootte-bed met gehaltelinne, maak hierdie privaat verblyf ’n top-keuse in die lowerryke Laeveld van Limpopo.

Sequoia Garden Retreat_Limpopo

Brandy’s Beach HouseBettysbaai, Wes-Kaap 

Privaat verblyf_Brandys Beach House

In Richard van der Westhuizen se liedjie, Bettysbaai se Berge begin hy met “Daar waai ’n klamwind oor die tuine, sout wat om jou lippe lek” en enigeen wat al ’n draai by hierdie baai gemaak het, knik nou hul koppe ooreenstemmend. Tog kan dié huilende wind ook ’n sekere kalmte oor ’n mens waai. Brandy’s Beach House is net 350 meter vanaf Bettysbaai se Silversands-strand en word met ’n privaat houtpaadjie tussendeur die fynbos-area verbind. Familie en kie kan hier op die dek braai, gedurende die winter voor die kaggel opkrul of die uitsig op die Kogelberg bewonder.

Brandy's Beach House_Wes-Kaap

Sugarlands CottageHowick, KwaZulu-Natal 

Privaat verblyf_Sugarlands Cottage

Ontspan in die lapa, rus in die rondawel of vang vis in die dam — by Sugarlands Cottage kan jy en jou troeteldier ’n privaat wegbreek in die hartjie van die Midlands Meander geniet. Dié fraai kothuis het ingeboude braaigeriewe, DStv en ’n kaggel wat die ideale atmosfeer tydens die winter skep. Julle kan in die somer op die onderdakstoep kuier terwyl die grasvelde voor julle uitgestrek lê.

Sugarlands Cottage_KwaZulu-Natal

TrengwaintonHogsback, Oos-Kaap

Privaat-verblyf_Trengwainton-1

Daar is iets omtrent Hogsback wat met jou toor. Die stilte van die natuur wat met lowerryke woude en voëllewe ingekleur word, laat dit voel of jy in ’n sprokiesverhaal inklim. Trengwainton se kunstige verblyf dra tot die unieke Hogsback-wegbreek by. Die huis en kothuis kombineer ’n ouwêreldse sjarme met moderne geriewe en is met kuns en boeke versier. Die kothuis maak van sonkrag en boorgatwater gebruik en gaste kan in die besonderse 5 hektaar-tuin met blomme, vrugte en inheemse plante wat gedurende die winter ’n sneeubaadjie aantrek, wandel.

Trengwainton_Oos-Kaap

Die Sinkhuisie – 25 km buite Williston, Noord-Kaap

Privaat verblyf_Die Sinkhuisie

Die Karoo laat dit voel of tyd stilstaan en ’n wegbeek na Die Sinkhuisie sal sommer al jou bekommernisse laat wegsink as die sterre saans die hemelruim inkleur. Gaste wat hier bly ervaar die Ware (afgeleë) Jakob as dit by privaat verblyf kom – dis klein, maar getrein. Die gegolfde staalhuis is onafhanklik van die plaaslike netwerk en warm water word deur ’n houtvuur-donkie-sisteem voorsien. Daar is gasgeriewe in die kombuis en die ligte werk met sonkrag. Julle kan ’n dag op die stoep deurbring, lekker braai en die velduitsig besigtig.

Die Sinkhuisie_Noord-Kaap

Dream LodgeBojanala, Noordwes

Dream Lodge_foto

Dream Lodge is perfek vir paartjies en bly eie aan sy naam met twee romantiese kliphuisies wat net buite Magaliesburg in die platteland pronk. Die plaas is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en die rustige omgewing bied die ideale wegbreek vanuit die stad se gejaag – al gedruis wat ’n mens nóú hoor is die geritsel van die grasvelde. Ontbyt en aandete is by die tarief ingesluit en kan by die kothuis op ’n tyd wat julle verkies bedien word.

Dream Lodge_Noordwes

Hoor jy al stilte roep? Bespreek sommer nou een van hierdie privaat plekkies waar jy vir ’n rukkie kan gaan wegkruip.


Lees ook:

Ontsnap uit die Moederstad: 11 lekke plekke

Romantiese bergkothuise vir die winter

Hooffoto: Trengwainton