We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Danielle Terblanche

Daniëlle is 'n Kaapse meisie wat hou van uitspattig lag, koffie drink en mooi goed afneem. Enigiets in die natuur is vir haar 'n avontuur, veral die see en berge. Sy geniet dit om nuwe plekke te verken en dit met mense te deel. Om te reis is kos vir haar siel en ek sal haar laaste sente daarop spandeer. Danielle voel die lewe is te kort om slegte koffie en rooiwyn te drink, daarom is sy altyd opsoek na plekke waar sy goeie koffie en rooiwyn kan drink. Sy is lief vir Afrikaans en kan die dae verby lees.

Someraktiwiteite in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaap spog met lewendige landskappe, ’n ikoniese kuslyn en verkwikkende somerervarings. Soos die son die lug met sy goue warmte inkleur, word die Wes-Kaap ’n toevlugsoord vir diegene wat op soek is na ’n mengsel van natuurskoon en ontspanningsaktiwiteite vir die hele gesin. Van die goue strande van Kaapstad tot die welige wynlande van […]

Die Robertson-wynroete

Nie een nie, nie twee nie, maar 20 wynroetes in die Wes-Kaap! Dis reg, die Wes-Kaap is ’n wêreldbekende wynstreek wat met 20 unieke wynroetes spog en in hierdie blog vertel ons jou ’n bietjie meer oor die Robertson-wynroete in die Breederiviervallei. Hierdie streek, wat ook as die Vallei van Wyn en Rose bekendstaan, is […]

The Red Caboose: Kom slaap in ’n treinwa

Verlang jy terug na die dae van prentjiemooi treinritte tussen dorpe en stede? Hoe jy en jou gesin vir ’n paar dae tyd in ’n piepklein kamertjie deurgebring het op pad na jul bestemming? Dit mag dalk iets van die verlede wees, maar The Red Caboose net buite McGregor bied jou die geleentheid om ietwat […]

Verken die Oos-Kaapse kusroete

Die Oos-Kaap het ’n merkwaardige roete wat langs die pragtige Indiese Oseaan se kuslyn kronkel. Hierdie skilderagtige kusroete bied aan reisigers ’n verskeidenheid natuurwonders, kulturele erfenis en onvergeetlike ervarings. Van besige stede tot rustige kusdorpies, die Oos-Kaapse kusroete is ’n versteekte juweel wat wag om ontdek te word. In hierdie blog gee LekkeSlaap vir jou […]

Winterwegbreke by die see

Hoewel dit tyd is om plakkies met stewels te vervang, die strandsambrele vir reënsambrele plek moet gee en die lugverkoeling in die voertuig na die verwarmer verstel word, beteken dit nie dat julle nie steeds ’n seevakansie kan geniet nie. LekkeSlaap wys jou waar jy aan die kus kan gaan bly om die meeste van […]

Kom vind uit hoe werk eko-vriendelike verblyf

Eko-vriendelike verblyf in Suid-Afrika word al hoe meer gewild, aangesien beide plaaslike inwoners en toeriste poog om hul impak op die omgewing te minimaliseer terwyl hulle die land se natuurskoon geniet. Baie eiendomme het al volhoubare praktyke aangeneem, soos die gebruik van hernubare energiebronne (wat ook help met beurtkrag), herwinning en waterbesparing. Sommige plekke is […]

11 romantiese blyplekke in die berge

Suid-Afrika is vir ongelooflike natuurskoon bekend en die beste manier om dit te ervaar is om na die berge te ontsnap. Vir paartjies wat op soek is na ’n romantiese wegbreek, bied die berge ’n skilderagtige en rustige omgewing vir ontspanne verblyf. Of jy nou op soek is na avontuur of bloot in die rustigheid […]

Maak ’n draai in Morganbaai

Suid-Afrika se Wildekus is een van die mees ongerepte dele van die land en sy pragtige natuurskoon lok reisigers van heinde en verre. Gxarha, voorheen bekend as Morganbaai, staan as die Wildekus-paradys bekend en dit neem net sowat ’n uur op die goue wig tussen die see en die strandmeer om te besef hoekom so […]