Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Ingrid Heydenrych

Ingrid het haar Honneurs in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en hou vol dat haar skripsie die antwoord op die klimaatskrisis is. Sy geniet dit om saam met haar vriende na konserte te gaan, kunsflieks by obskure teaters te kyk en om vir ure alleen met ’n boek in ’n tuin te sit. Ingrid se grootste droom is om eendag iewers te bly met ’n tuin wat groot genoeg is vir ’n spul honde wat daarin kan rondhardloop. Totdat sy daardie droom bereik, oortuig sy haarself elke week dat sy vir boksklasse sal gaan, maar kry dit nog net reg om een keer ’n week joga te doen.

Ontdek die wonderlike Noordwes

Die Noordwes in Suid-Afrika bied ’n skatkis van dinge om te verken. In hierdie provinsie kan jy die Groot Vyf sien, by luukse lodges uitspan, grotte verken en aan watersport deelneem. Dit is boonop naby Johannesburg, so dit is maklik om sommer vinnig-vinnig in die kar te spring vir ’n naweekwegbreek as die swerflus jou […]

Moenie hierdie ervarings in 2022 misloop nie!

Tydens elke seisoen bied Suid-Afrika nuwe dinge om te verken — of dit nou seediere is wat migreer, of blomme wat hulle verskyning maak. Om Suid-Afrika te verken soos wat die seisoene verander en alles wat daarmee gepaard gaan, gee ’n nuwe waardering vir die besondere, Suid-Afrikaanse ervarings wat reg onder ons neuse skuil. In […]

Verken die Sederberge by hierdie lekke plekke

Warmer weer is uiteindelik hier en dis die perfekte tyd om die Sederberge naby Clanwilliam te verken! Hierdie wildernisgebied, wat vernoem is na die inheemse sederbome wat voorheen in dié area gegroei het, dek 710 km² en is bekend vir die vreemde rotsformasies en San-tekeninge wat hier te sien is. Daar is verskeie voetslaanroetes om […]

Dis tyd om weg te breek plaas toe!

As die druk van die alledaagse lewe swaar op jou skouers rus, is daar een antwoord om jou van dié las te verlig: Dis tyd om plaas toe te gaan! Daar is darem niks soos om ’n bietjie van die stad te ontsnap en tyd op ’n plek deur te bring waar die pas van […]

Jou gids tot Johannesburg

Was jy al ooit in die besigste stad in Suid-Afrika sonder ’n idee oor waar om te gaan of waarmee om jouself besig te hou? Johannesburg is nie net die ekonomiese kern van Suid-Afrika nie, maar bied besoekers die geleentheid om iets anders as die gewone see-vakansie te beleef. Tussendeur die gejaag van die Goudstad […]

Hiér kan jy op Groot Vyf-avonture gaan

Vir dié wat die Krugerwildtuin al platgetrap het, of op soek is na plekke ’n bietjie nader aan die huis om wild te kyk, is daar nie ’n tekort aan opsies in Suid-Afrika nie. Die Groot Vyf is nie net tot die Krugerwildtuin beperk nie en dit is soms juis in van die ander parke […]

Suid-Afrikaanse woude om in die winter te verken

Soos gesien op Maroela Media. Soos wat die somermaande tot ’n einde kom en winterserpe uit die kas gehaal word, raak dit tyd om ’n afkoel-sessie in die see vir ’n aand voor die kaggel in die woud te verruil. Suid-Afrika se natuurryk is so divers dat elke woud wat in dié land verken word, […]

Keer terug na die natuur op hierdie staproetes in die berge!

Om tyd in die natuur deur te bring, is nie net ’n goeie manier om weg te kom van die gejaag van die alledaagse lewe nie, maar die vars lug verminder ook stres en verbeter jou slaappatrone ─ dis ’n rede om uit die stad te ontsnap! Daar is bergstaproetes vir alle fiksheidsvlakke reg oor die land, en in dié blog wys LekkeSlaap jou ’n paar van ons gunsteling-bergstaproetes op tuisbodem.