Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Karli Durr

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

My voete loop na Wellington …

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die […]

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch

Vandeesweek reis OPTOG! se kombi’s al die pad tot in Pretoria. As jy daarvan hou om te lag, sal Nataniël jou laat skater en Laurika Rauch se lirieke sal jou voorwaar in vervoering laat. Laurika Rauch tree op 18 en 19 Maart in die Attebury-teater in Pretoria op. Dié vertonings is ongelukkig uitverkoop, maar hierdie legendariese […]

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet […]

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos

As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]

Allerlei Avontuur op ’n Selfry-rit in die Addo-olifant Nasionale Park

Soos gesien op Maroela Media. “Oom Olifant, jou reuse-dier, die mense lag vir hul plesier. Want waar het jy al ooit gehoor, van ’n stertjie van agter en ’n stertjie van voor?” ─ Afrikaanse kindervers Sagmoedige reuse spuit mekaar by die watergat nat, ’n trop sebras galop verby, en die hemelblou lug kry rooi en […]

Jeffreysbaai: Son, See, Skulpe en Branderplankry

Jy lê op jou branderplank en roei terwyl jy op daai grote wag … Dan rol die perfekte golf nader en jy voel hoe die adrenalien deur jou are bruis ─ jy spring opgewonde op jou branderplank en ry sielsgelukkig saam met die brander! Jeffreysbaai is sinoniem met branderplankry en dié watersport se entoesiaste kom […]