We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Liezl Hollis

Sy het nog altyd ’n obsessie met letters en woorde gehad. Dis daarom geen verrassing dat sy ’n graad in taal en literatuur voltooi het nie. So veel soos wat sy boeke geniet, sal sy enige geleentheid om buite in die son op ’n voetslaanpad te wees, aangryp. In ’n vorige lewe moes sy ’n meermin wees, want sy kan water nie weerstaan nie. Wyn het sy eie spesiale plek op haar voedselpiramide. Sy het ’n passie vir mense, plante en is lief daarvoor om nuwe plekke te verken.

Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat

Almal ken Clarens — of altans, almal weet van Clarens. Dit is die naaste wat baie van ons aan ’n Europese vakansie sal kom, maar dis beslis nie ’n minderwaardige sakpasweergawe nie! Dié juweel van die Vrystaat is slegs drie ure vanaf Johannesburg en is dus om goeie rede onder die stedelinge bekend, maar ons […]

Reis na gister: 5 geskiedkundige blyplekke

As die gedagte aan geskiedkundige verblyf jou dadelik aan die spook van Uniondale laat dink, is dit waarskynlik tyd dat iemand vir jou die prentjie ’n bietjie anders skets! LekkeSlaap bied werklik iets vir almal en hierdie keer het ons ’n paar blyplekke met onvergelykbare karakter gaan soek, wat jou sal terugneem in tyd sodat […]

14 fantastiese wegbreekplekke vir Vrouedag

Hierdie Vrouedag kan jy maar van blomme en sjokolade vergeet, want met ’n spa en ’n restaurant op die perseel, kan jy nie anders as om die spesiale dame in jou lewe hiér te kom bederf nie. LekkeSlaap het gesorg dat julle kan kom afskakel en niemand oor kosmaak hoef te bekommer nie! Maak Vrouedag […]

Pakwenke vir jou volgende winterwegbreek

In ’n land soos Suid-Afrika kan ’n mens nie net ’n jassie en ’n mussie gryp voor jy in die kar spring nie. Enige iets van reën, wind en tot sneeu kan jou verras. Met LekkeSlaap se lekker pakwenke hoef jy nie meer bekommerd te wees oor wat om vir jou volgende wegbreek in te pak […]

Gesinsvriendelike plekke in die binneland

Die skoolvakansie kruip al hoe nader en die heel eerste ding waaraan baie mense dink wanneer dit by gesinsvriendelike vakansieplekke kom, is die kus. Wat is dan beter as om jou skoene te kan uitskop terwyl die jongspan hulself vir ure in die sand vermaak? Ja, die son en die see laat selde enige iemand […]