Ons word sommer vroeg in die jaar al met ’n lekke langnaweek bederf en dit is die ideale geleentheid om ’n bietjie weg te breek vóór jy die res van die jaar aanpak. Loer na LekkeSlaap se lys van die lekke’ste gesinshuise vir Paasnaweek regoor die land en bespreek sommer vandag nog julle volgende wegbreek. 

Gull’s Stilbaai, Wes-Kaap

Blouvlagstrand weskaap lekkerslaap tuinroete garden route accommodation self catering stilbaai still bay

Dié selfsorgvakansiehuis is net dertig meter vanaf Stilbaai se strand en het slaapplek vir tien gaste. Die huis spog met twee TV-kamers, ’n balkon met ’n mooi uitsig oor die see en twee toesluitmotorhuise. 

still bay stilbaai weskaap lekkerslaap lekkeslaap getaway self catering selfsorg garden route

Kliek hiér vir die tariewe. 

The Lazy Lapa, Gauteng 

Gauteng wesrand selfcatering selfsorg lekkerslaap verblyf acommodation magaliesburg

Dié selfsorghuis is perfek vir ’n langnaweek-wegbreek in die Magaliesburg-area en is net ’n uur en ’n half se ry vanaf Johannesburg en Pretoria. Hier kan julle in die plonspoel afkoel, lekker braai, kosmaak in die toegeruste kombuis en sommer net die plaaslewe geniet. Julle kan ook die kort entjie ry om die Wieg van die Mensdom te verken.

selfsorg lekkerslaap gauteng selfcatering accommodation

Kliek hiér vir die tariewe. 

Your Place @ The Canals on The Marina, Oos-Kaap

jeffreysbay jbay selfcatering selfsorg ooskaap verblyf marina Martinique

Wat kan dan nou lekkerder wees as om die langnaweek by die see te ontspan? Dié luukse dupleks-eenheid is op die Marina Martinique-landgoed, tussen Jeffreysbaai en Astonbaai en is geskik vir ses gaste*. Dit spog met ’n uitstekende ligging op die kanaal se oewer. Die kombuis is goed toegerus en die huis se skuifdeure lei na ’n dek waar julle kan braai en lekker sit en eet. 

*Neem asb. kennis dat kinders onder die ouderdom van twee nie toegelaat word nie.

jeffreysbay jbay selfcatering selfsorg ooskaap verblyf marina Martinique

Kliek hiér vir die tariewe. 

Escape to Oceanbreaks, KwaZulu-Natal

Escape to Oceanbreaks Umdloti KwaZulu-Natal Noordkus lekkerslaap lekkeslaap

Escape to Oceanbreaks is ’n besonderse selfsorgwoonstel in Umdloti. Dit is ideaal vir ’n gesin van ses wat mal is oor die see en nie ver wil ry om by die strand uit te kom nie. Bespreek dié pragtige huis en kom braai met ’n uitsig oor die see, lê en ontspan voor die TV met die volle DStv-pakket of maak heerlike disse in die goed toegeruste kombuis. 

Escape to Oceanbreaks Umdloti KwaZulu-Natal Noordkus lekkerslaap lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe. 

Under Milkwood Chalets, Wes-Kaap

George Rex-rylaan 13, Knysna, 6570, Wes-Kaap lekkeslaap lekkerslaap selfcatering selfsorg

Dié weggesteekte selfsorgkothuise is in Knysna en het slaapplek vir twee tot vier gaste. Die see-uitsig, perfekte ligging en luukshede, soos Le Creuset-kookgerei, maak die kothuise uiters gerieflik en verseker ’n ontspannende kuswegbreek. Julle kan kanovaar, op die strand lê en heel dag die dorp verken.

George Rex-rylaan 13, Knysna, 6570, Wes-Kaap lekkeslaap lekkerslaap selfcatering selfsorg

Kliek hiér vir die tariewe. 

Thatcher’s Rest Self-catering Cottage, KwaZulu-Natal 

Collingspas (langs die N11), Biggarsberg, Ladysmith, 2920, KwaZulu-Natal

Thatcher’s Rest Self-catering Cottage is ’n selfsorgkothuis vir ses gaste in die heuwels van die Biggarsberge. Die hele gesin sal dit hier geniet met die rits aktiwiteite soos visvang en swem wat hier op julle wag. Sluit ’n lekker, besige dag op die oewer af waar daar braaigeriewe onder die wilgeboom is.

Collingspas (langs die N11), Biggarsberg, Ladysmith, 2920, KwaZulu-Natal lekkeslaap lekkerslaap selfsorg self catering

Kliek hiér vir die tariewe. 

Zeekoelodge, Gauteng 

Plaas 573, Zeekoefontein, Erf 68, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng lekkerslaap lekkeslaap selfsorg accommodation

Zeekoelodge het vyf selfsorgverblyf-opsies op die Vaalrivier se oewer en is net sowat sewentig kilometer vanaf Johannesburg-Suid. Die eenhede is geskik vir twee tot agt gaste en is ideaal vir jou en jou gesin as julle mal is oor roei, kunsvlieg- en baarshengel en heerlik braai langs die rivier.

Plaas 573, Zeekoefontein, Erf 68, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng lekkerslaap lekkeslaap selfsorg accommodation

Kliek hiér vir die tariewe. 

Marina Beach House, Wes-Kaap 

Burgee Bend 21, Marina Da Gama, Kaapstad, 7947, Wes-Kaap Suidelike Voorstede Marina Da Gama

Marina Beach House is ’n privaat selfsorghuis teen die water in Marina Da Gama en het slaapplek vir twaalf! Ontspan in die Jacuzzi, sit op die dek wat reg op die water is of verken die area op ’n trapboot. Hier sal julle nie vir ’n oomblik verveeld wees nie. 

Burgee Bend 21, Marina Da Gama, Kaapstad, 7947, Wes-Kaap Suidelike Voorstede Marina Da Gama

Kliek hiér vir die tariewe. 

28 Duiker, Wes-Kaap

Duikerstraat 28, Meerenbosch, Fishershaven, 7200, Wes-Kaap lekkerslaap verblyf selfsorg selfcatering

’n Lekkerder wegbreekplekkie as 28 Duiker sal jy nie sommer kry nie! Die huis is net 20 km buite Hermanus, is geskik vir ses gaste en is loopafstand van die meer af. Visvang, seil, tennisspeel, swem en luilekker dae langs die water wag hiér op jou en jou gesin. 

Wes-Kaap Overberg Hermanus Fisherhaven 28 Duiker lekkerslaap verblyf accommodation

Kliek hiér vir die tariewe. 

Kransplaas, Oos-Kaap

Langs die R63, Kendrew-weg, Kransplaas, 18 km vanaf Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap lekkerslaap verblyf accommodation

Kransplaas bied aan julle die geleentheid om in die Groot-Karoo te ontspan en skuil sowat 20 km buite Graaff-Reinet. Bespreek die Nyala Lodge vir agt gaste of die Springbok Kothuis vir vier en kom kyk wild, braai of sit op die stoep en geniet die besonderse uitsig. Die eenhede se kombuise is goed toegerus vir ’n selfsorgvakansie.

Langs die R63, Kendrew-weg, Kransplaas, 18 km vanaf Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap

Kliek hiér vir die tariewe.

Nou toe, waarvoor wag julle? Maak seker julle bespreek ’n plekkie voor dit te laat is. 

Hooffoto: Under Milkwood Chalets (LekkeSlaap)