Elke Suid-Afrikaner sal saamstem dat daar min dinge so lekker is soos om rondom ’n knetterende vuurtjie saam met familie en vriende te kuier. Dit is nóg lekkerder as julle dit tydens ’n naweekwegbreek of vakansie kan doen! So, bederf jou en jou gesin met ’n wegbreek by een van dié pragtige plekke wat elkeen met ’n behoorlike braaiplek spog!

Skeiding Guest Farm, Wes-Kaap

Skeiding Guest Farm garden route heidelberg accommodation B&B weskaap braaiplek

Dié plaas halfpad tussen Kaapstad en Knysna bied verblyf in B&B-kamers of gerieflike selfsorgkothuise wat ideaal is vir paartjies en gesinne. Die kothuise het lekker kuierstoepe wat natuurlik met braaigeriewe én besonderse uitsigte spog. As julle nie meer lus is vir braai nie (die kanse is maar skraal) kan julle plattelandse kookkuns op die perseel geniet ─ die gasheer Neels is ’n braaikoning en sy vrou Anne-Lizé tower liplekker disse op. Julle kan ook in die swembad afkoel, die volstruise voer en die skaaphonde dophou terwyl hulle die skape aanjaag.

Skeiding Guest Farm 2 garden route heidelberg accommodation B&B weskaap braaiplek verblyf lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

Twalumba, Mpumalanga 

Twalumba mpumalanga accommodation braai self-catering lekkeslaap marloth game verblyf

Dié selfsorg-wegbreek is in Marlothpark geleë en is stapafstand vanaf die Krugerwildtuin se heining. Daar is drie eenhede wat eksklusief aan een groep van twaalf verhuur word, so as jy ’n groot groep vriende en familie het wat mal is oor braai, wildkyk en sommer net lekker ontspan, is dié toevlugsoord perfek vir jou. Daar is ’n plonspoel vir die warm dae en ’n boma-vuurput wat die ideale kuierplek is. 

Twalumba 2 mpumalanga accommodation braai self-catering lekkeslaap marloth game verblyf bush

Kliek hiér vir die tariewe.

Makarios on the River, Oos-Kaap

Makarios on the River eastern cape ooskaap verblyf B&B accommodation lekkeslaap river braai

By Makarios on the River kan jy tussen vier eenhede kies wat elk geskik is vir twee gaste en ’n smaaklike ontbyt geniet wat ingesluit is. Dit is reg op die oewer van die Boesmansrivier geleë in ’n area wat met talle wild- en voëlspesies spog. Daar is twee swembaddens waarvan een verhit is en die braaiplek is knus, gerieflik en omring deur die natuur ─ wat meer wil ’n mens dan nou hê as jy op soek is na ’n wegkruipplekkie vir jou en jou geliefde? 

Makarios on the River 2 eastern cape ooskaap verblyf B&B accommodation lekkeslaap river braai Boesmansriviermond

Kliek hiér vir die tariewe. 

Old Sam’s Cottage, Wes-Kaap

Old Sam's Cottage weskaap verblyf braaiplek braaidag erfenisdag bredasdorp selfsorg self-catering lekkeslaap

Ons is absoluut gaande oor dié oulike selfsorgkothuis vir twee wat in ’n wildkamp geleë is. Dit skuil net buite Bredasdorp en is net sowat veertig kilometer van die De Hoop Natuurreservaat af. ’n Naweek by Old Sam’s Cottage sal die siel net goed doen, aangesien die plaas waarop dit geleë is talle awtiwiteite bied. Pak die plaas se vyftien kilometer lange sirkelfietsroete aan, gaan maak lyn nat in die Karsrivier, of gebruik die kothuis se kano om op die Karsrivier te roei. 

Old Sam's Cottage 2 weskaap verblyf braaiplek braaidag erfenisdag bredasdorp selfsorg self-catering lekkeslaap plaas

Kliek hiér vir die tariewe.

Far Away Place, KwaZulu-Natal

Far Away Place braaidag erfenisdag braaiplek selfsorg self-catering KZN accommodation curry's post

’n Braaiplek met ’n uitsig ─ dis al wat jy nodig het om ná ’n lang week af te skakel. Kom klop gerus by Far Away Place in die hartjie van die Midlands Meander aan en bespreek die Dashy-kothuis vir vyf of die Nguni-kothuis vir ses. Die kothuise is vir selfsorg toegerus en die perseel spog met twee damme waarin julle kan swem en forelhengel. Die gashere, Mark en Lee, is sosiale mense wat mal is oor diere, so julle mag ook julle troeteldiere saambring! 

Far Away Place 2 braaidag erfenisdag braaiplek selfsorg self-catering KZN accommodation curry's post Karkloofvallei

Kliek hiér vir die tariewe.

OuKlip Game Lodge, Gauteng 

OuKlip Game Lodge dinokeng verblyf accommodation game farm gauteng getaway lekkeslaap

As jy en jou gesin nog nooit ’n glanskamp-ervaring gehad het nie, is dié blog jou teken om een te bespreek. OuKlip Game Lodge bied tentstaanplekke in die Dinokeng Wildreservaat met toegang tot ’n heerlike braaiplek waar julle heel aand sal wil kuier. Elke tent het ook ’n kombuis en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort. Onthou om uit te kyk vir die Groot 5 op die perseel! 

OuKlip Game Lodge 2 dinokeng verblyf accommodation game farm gauteng getaway lekkeslaap braaidag

Kliek hiér vir die tariewe.

Brenton On Rocks, Wes-Kaap

Brenton On Rocks Weskaap verblyf western cape accommodation braaidag garden route lekkeslaap

Wat is dan nou lekkerder as ’n vuurtjie met ’n see-uitsig? Brenton On Rocks op die Tuinroete spog met verskeie suites, standaard- en gesinskamers en twee selfsorgvillas. Hiér kan julle by die plonspoel met sonstoele en sambrele agteroorsit of by die gelisensieerde kroeg ’n koue drankie geniet. Die strand is net 700 meter van die perseel af, so kom span hiér uit vir ’n heerlike kuswegbreek. 

Brenton On Rocks 2 Weskaap verblyf western cape accommodation braaidag garden route lekkeslaap heritage day

Kliek hiér vir die tariewe. 

Mountain Gem, Vrystaat

Mountain Gem vrystaat free state accommodation guest house braai braaidag heritage day bloemfontein

Mountain Gem is, soos die naam sê, ’n ware juweel teen ’n koppie in ’n lowerryke tuin in Bloemfontein. Daar is ’n lieflike gastekamer vir twee gaste met ’n tuin-uitsig en julle kan die sonsondergang vanaf die boma geniet. Ontbyt is op versoek beskikbaar en braaipakkies kan ook vooraf teen ’n ekstra koste gereël word.

Mountain Gem 2 vrystaat free state accommodation guest house braai braaidag heritage day bloemfontein

Kliek hiér vir die tariewe. 

Malmane Eye Private Nature Retreat, Noordwes

Malmane Eye Private Nature Retreat noordwes north west ottoshoop heritageday braaidag self-catering accommodation farm stay R505

Malmane Eye Private Nature Retreat is op ’n plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop geleë en is geskik vir twaalf tot veertien gaste. Die lekkerste deel van dié wegbreekplekkie is die kuierlapa met ’n uitsig oor die water, ’n kroeg, kombuis en binne- en buitebraaigeriewe. Swartpotte en braairoosters word voorsien, so dis nie eers nodig om jou eie saam te piekel nie. As julle nie heel dag in die borrelbad lê en ontspan nie, kan julle van die talle aktiwiteite op die plaas geniet, soos fietsry, staproetes, visvang en kanovaart. 

Malmane Eye Private Nature Retreat 2 noordwes north west ottoshoop heritageday braaidag self-catering accommodation farm stay R505

Kliek hiér vir die tariewe. 

The Dogstone Cottage, Noord-Kaap

The Dogstone Cottage noordkaap namakwaland flower season wild flowers hondeklipbaai selfsorg verblyf lekkeslaap lekkerslaap braaigdag

Dié kothuis in Hondeklipbaai is vir selfsorg toegerus, het ’n oulike see-tema en is stapafstand vanaf die strand. Dit is ideaal vir ’n klein gesin en is met als wat julle vir ’n gerieflike selfsorgwegbreek nodig het, toegerus ─ daar is selfs ’n wasmasjien en tuimeldroër. Die braaigeriewe spog natuurlik met ’n pragtige see-uitsig. 

The Dogstone Cottage 2 noordkaap namakwaland flower season wild flowers hondeklipbaai selfsorg verblyf lekkeslaap lekkerslaap braaigdag

Kliek hiér vir die tariewe. 

Klipfontein Bushcamp, Mpumalanga 

Klipfontein Bushcamp cottage bush self-catering mpumalanga panorama route braai facilities klipfontein lekkeslaap

Klipfontein Bush Camp is op ’n 160 hektaar-plaas net buite Lydenburg geleë en word eksklusief vir sestien gaste bespreek. Die troeteldiervriendelike boskamp bied verblyf in vyf chalets en spog met ’n onderdaklapa met ’n ingeboude braai en ’n kroeg waar julle heerlik kan kuier. Vuurmaakhout is op versoek te koop en julle kan voor die inklokdatum vleis by die slaghuis op die dorp bestel en dit sal op die inklokdatum by die kamp afgelewer word. 

Klipfontein Bushcamp 2 cottage bush self-catering mpumalanga panorama route braai facilities klipfontein lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

Black Oystercatcher Cottages, Wes-Kaap

Black Oystercatcher Cottages wine farm self-catering western cape lekkeslaap braaidag erfenisdag bredasdorp

Het jy al ooit op ’n wynplaas ’n tjoppie oor die kole gegooi? Black Oystercatcher Cottages is ’n familieplaas tussen Elim, Bredasdorp en L’Agulhas in die Overbergstreek en bied vier kothuise wat elk vir twee gaste geskik is. As jy op soek is na ’n romantiese wegkruipplekkie is Black Oystercatcher Cottages net die plek vir jou! Daar is kaggels in twee van die kothuise en selfs ’n restaurant op die perseel wat heerlike disse bedien. 

Black Oystercatcher Cottages 2 wine farm self-catering western cape lekkeslaap braaidag erfenisdag bredasdorp

Kliek hiér vir die tariewe.

Of jy nou net vinnig ’n worsie vir aandete wil braai, of heel dag om die vuur kuier, dié bobaas-braaiplekke is net waar jy wil wees. Moenie op jou laat wag nie ─ bespreek vandag nog en laat die vure brand! 

Hooffoto: Klipfontein Bushcamp op LekkeSlaap.co.za