Soos gesien op Ontbytsake.

LekkeSlaap weet hoe jy met min verlof, baie meer kan weggaan deur slim met jou verlof te werk. Met ’n bietjie verneuk kan jy sommer baie wegbreek! 

Wat sê die kenners

Om met vakansie te gaan is nie net lekker nie; dit is ook noodsaaklik vir jou fisiese en geestelike gesondheid. Daar is onlangs ’n nege jaar lange studie gedoen waarin vasgestel is presies hoe groot die langtermyneffek van vakansie op jou gesondheid is. Die gevolgtrekking van die studie was dat vakansie jou lewe geweldig kan verleng deurdat dit stres en, op sy beurt, die kans op kardiovaskulêre siekte verlaag. 

Volgens die studie word daar bereken dat jy tussen dertig en 45 dae per jaar vakansie moet hou. Maar waar kry ’n mens al die verlof vandaan om so baie met vakansie te gaan? 

Die realiteit is dat die meeste van ons slegs tussen vyftien en agtien dae verlof per jaar kry. 

Nie te bekommer, al wat kort is fyn beplanning, praktiese denke en LekkeSlaap se wenke! 

Kapitaliseer só op jou verlof 

Hierdie jaar val tien van die openbare vakansiedae op weeksdae, wat beteken dat as jy jou verlof strategies beplan, jy in sekere gevalle met net drie verlofdae sommer nege dae met vakansie kan gaan! 

Kyk hier en neem verlof vir die LekkeSlaap-dae om al die pad vakansie toe te wen.

So, al het jy net vyftien verlofdae kan jy vanjaar steeds veertig dae met vakansie gaan. Gaan kyk na LekkeSlaap se bykans 27 000 blyplekke en kies waar jy jou vakansie wil deurbring! Of volg ons raad en gaan bly by die plekkies in hierdie blog.