Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag!

Prentjiemooi foto’s

Dié roete het beslis nie ’n tekort aan asemrowende uitsigte nie! Jy kan jou kamera om elke hoek en draai mik en jy sal met fantastiese foto’s beloon word. Daar is woudagtige valleie, groen grasvelde en hoë pieke, so jy sal definitief iets vind wat in jou smaak val.

Dynasty Red Mount Ranch1

Dynasty Red Mount Ranch2

Mafube Mountain Retreat3

Voetslaan

As jy ’n bietjie ekstra energie het om van ontslae te raak, gaan wandel gerus oor die Malotiroete se berge en dale! Daar is verskeie beginpunte en moeilikheidsgrade sodat die hele gesin kan deelneem. Kliek hier vir meer inligting.

Amohela ho Spitskop Country Retreat & Conservancy2

Mafube Mountain Retreat

Mafube Mountain Retreat2

Perdry

As jy nie die roetes self wil aanpak nie, kan jy dit gerus op ’n perd se rug aandurf. Jy sit dan sommer lekker hoog en kan die uitsig nog beter bewonder! Lees meer hier.

De Ark Mountain Lodge1

Thaba Thabo Nature Reserve2

Wildkyk

Daar is baie wildspesies wat op die roete voorkom. As jy in die Maloti-Drakensberg Oorgrenspark gaan kuier, kan jy die elande teen die hoër berghange dophou, terwyl hulle na die soeter grasvelde beweeg om daar te gaan wei.

Amohela ho Spitskop Country Retreat & Conservancy1

Uitzight Game Lodge

Uitzight Game Lodge1

Uitzight Game Lodge3

Blomseisoen

Aan die einde van die jaar is dit blomseisoen op die Malotiroete! Bewonder die kosmos wat teen die grondpaaie groei, die sonneblomvelde wat kilometers ver strek en selfs ’n protea of twee. Daar is oneindig baie plantspesies in dié geweste, so kyk gerus hoeveel jy kan raaksien!

pink and white cosmos flowers in a field

Uitzight Game Lodge2

Lekker blyplek

Ons het hope slaapplek as jy besluit om dié wonderskone deel van ons land te gaan verken! Loer bietjie hier

De Ark Mountain Lodge, Clarens

De Ark Mountain Lodge

Dynasty Red Mount Ranch, Clarens

Dynasty Red Mount Ranch4

Fairview Estates, Fouriesburg

Fairview Estates

Lesoba Guest Farm, Fouriesburg

Lesoba Guest Farm

Mafube Mountain Retreat, Fouriesburg

Mafube Mountain Retreat1

Royal Coachman, Clarens

Royal Coachman

The French Cottage, Clarens

The French Cottage1

***

Daar het jy dit nou! Die Malotiroete is voorwaar ’n lushof vir die oog en is ideaal vir jou volgende gesinsvakansie. So, bespreek nóú ’n oornagplekkie by LekkeSlaap en val in die pad!