Word jy deur kleur geïnspireer? Laat tierlantyntjies jou oë blink? Dan moet jy beslis na LekkeSlaap se versameling boheemse blyplekke loer! Van ’n bootbed in Woodstock en ’n klein Marokko in Pretoria, tot Franse flair in Magaliesburg en ’n Karoo-pitstop wat petrol-sjiek en kothuisstyl perfek kombineer — dié blyplekke is voorwaar ’n lus vir elke kunssinnige oog!

Gastehuis in Magaliesburg, Gauteng

 

Kom kry jou stukkie Frankryk op eie bodem by La Provence d’ Afrique. Hiér, te midde van pragtige dekor, helder tekstiele en vleiende kerslig, kan jy ’n driegang-aandete by die Franse straatkafee geniet of ’n drankie by die opgeknapte Chev-kroeg bestel. Romanse is in die lug met spa-behandelings langs die rivier, Victoriaanse baddens, ekstra-lang koninggrootte-beddens en besonderse aandag aan detail. Die Gotthards, wat dié gastehuis liefderik versier en bestuur, sal seker maak die lewe is sowaar la vie en rose terwyl jy hier bly!  

Aantal gaste: 21 gaste in 10 eenhede
Ekstras:
* Ontbyt ingesluit
* Straatkafee-restaurant op die perseel
* Kroeg met warm en koue drankies
* Kaggel
* Braaiplek
* DStv
* Zen-spa
* Swembadjie
* Joga-ateljee
* Ekstra romantiese bederfies indien gereël
* Kamerdiens indien gereël
Troeteldiere indien gereël
* Wasgoeddiens
* Baars- en forelhengel op die perseel
* Begeleide wildritte teen ekstra koste
* Veilige parkeerplek op die perseel

 

___________________

 

B&B in KwaZulu-Natal se Middellande

 

Soek jy na ’n trou-venue waaroor jou gaste nog jare sal gons? Of wil jy bloot die rustigheid van die platteland in al sy glorie ervaar? Dan is Crystal Barn Country Estate se verruklike dekor en 49 hektaar ongerepte natuur die oplossing. So, kom wees tegelykertyd kalm en kleurvol op hierdie praglandgoed!

Aantal gaste: 24 gaste in 11 suites
Ekstras:
* Spog-restaurant op die perseel
* Kroeg met boetiekbier
* Trou-venue
* Dam met ’n houtdek
* DStv
* Baarshengel
* Kinderoppasser beskikbaar
* Veilige onderdakparkeerplek agter ’n hek

 

___________________

 

Gastehuis in Richmond, Noord-Kaap

 

Kleur is ’n héél ander saak as jy die Karoo se dowwe palet as agtergrond gebruik. The Richmond Café and Rooms, met sy wit en swart mure en kosbare versamelstukke, het die eklektiese spyker rég op die kop geslaan. So, as jy weer die langpad tussen die Kaap en Gauteng aandurf, kom kuier gerus in dié geskiedkundige boekedorp.   

Aantal gaste: 15 gaste in 4 kamers
Ekstras:
* Restaurant op die perseel (oop teen 07:00)
* Troeteldiere indien gereël teen R100 ekstra
* Nagportier
* Veilige parkeerplek op die perseel

 

___________________

 

The Karoo Moon MotelHotel in Barrydale, Wes-Kaap

 

By hierdie iets-van-alles-motel en -restaurant sal jy leer dat ’n vintage petrolpomp en ’n Madonna-skildery onwaarskynlike pasmaats kán wees, mits dit reg gestileer is. Kom kyk hoe word ou karparte tot kuns verhef en laat jou oë soos ’n Kewpie-pop rek wanneer jy die gewilde padkafee, Diesel and Creme, se enorme melkskommels sien. Trek dus hiér af vir ’n kleurvolle nagrus as jy jou op die bekende Roete 62 bevind.

Aantal gaste: 6 gaste in 2 eenhede
Ekstras:
* Restaurant en kroeg op die perseel met gereelde musiekvertonings
* Yskassie in elke kamer (dis warm in Barrydale, mense!)
* Kombuisie met ’n mikrogolf en yskas
* Komplimentêre toiletware
* Tuin met braaigeriewe
* Gemeenskaplike sitkamer
* Gratis WiFi
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Gratis parkeerplek

The Karoo Moon Motel

 

___________________

 

Augusta de MistGastehuis in Swellendam, Wes-Kaap

 

Rus, vrede en ’n titseltjie kleur wag by die bekoorlike Augusta de Mist ─ ’n 4-ster-rusoord op ’n erf vol fynbos in Swellendam. Op dié lieflike landgoed is die 1802-gebou se oorspronklike afwerkings met moderne en eklektiese elemente gekombineer ─ elke item is deurdink en met sorg gekies. So, kom rus ’n rukkie by hierdie statige dame, eet haar fynproewersdisse en verlustig jou in die storie wat elkeen van haar versamelstukke vertel.

Aantal gaste: 13 gaste in 5 eenhede
Ekstras:
* Restaurant op die perseel
* Piekniekmandjies beskikbaar
* Kaggel
* Privaat tuin
* Swembad
* Klein fynboswoud op die perseel
* Gratis WiFi
* DStv
* Wasgoeddiens
* Troeteldiere indien gereël
* Veilige parkeerplek op die perseel


Augusta de Mist

 

___________________

 

Wish U Were HereGaste-lodge in Woodstock, Kaapstad

 

’n Magdom kunssinniges noem Woodstock hul tuiste. Daarom kon ons nie anders as om ook hiér ’n boheemse blyplek te vind nie. Wish U Were Here se naam sê alles! Dié eksentrieke, geskiedkundige gebou, wat lekker naby die Old Biscuit Mill en Woodstock se rits interessante winkeltjies geleë is, bied gastekamers met uiteenlopende temas. Dis tyd om jou stadskoene aan te trek en in die hartjie van die Kaap te kuier.  

Aantal gaste: 52 gaste in 12 eenhede
Ekstras:
* Ontbyt beskikbaar
* Kroeg op die perseel
* Kaggel
* Pizza-oond
* Gemeenskaplike kuierareas
* Gemeenskaplike kombuisgeriewe
* Gratis WiFi
* Op een van die hoofbusroetes geleë
* Wasgoeddiens
* Nagsekuriteit
* Veilige parkeerplek met afstandbeheertoegang (eerste gesien, eerste bedien)

Wish U Were Here

 

___________________

 

Timamoon LodgeLodge in Kiepersol, Mpumalanga

 

As jy jou geliefde wil wegvoer na ’n kleurvolle paradys met nimmereindigende uitsigte oor watervalle en groen heuwels, is Timamoon Lodge die regte plek vir jou! Dié spog-lodge is in die woud geleë en laat jou dink aan Marokko of Zanzibar met muskietnette oor luukse beddens, baddens wat ryklik versier is en ’n privaat swembad met ’n uitsig oor die vallei.

Aantal gaste: 14 gaste in 6 suites
Ekstras:
* Eksotiese restaurant op stelte
* Sigaarsitkamer
* Kroeg
* Privaat swembad
* DStv
* Gratis WiFi
* Masseer-, spa- en skoonheidsbehandelings in jou eie villa
* Kinderoppasser op versoek
* Begeleide wildritte beskikbaar
* Wasgoeddiens
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit


Timamoon Lodge

 

___________________

 

Moroccan HouseGastehuis in Pretoria, Gauteng

 

Marokko in Pretoria? Ja, jy het reg gelees! Kom ervaar Marokko se kleure, geure en patrone by Moroccan House in die Jakarandastad. Hiér kan jy aan ’n heerlike tajine smul in die sagte lig van ’n sterlantern, onder die snoesige bedlinne lê en snork, of in die tuin sit en mediteer soos ’n Oosterse ghoeroe van ouds!

Aantal gaste: 11 gaste in 5 eenhede
Ekstras:
* Restaurant en kroeg op die perseel
Privaat tuintjie vir elke kamer
* Muurverwarmers en plafonwaaiers
Platskerm-TV met DStv
* Gratis WiFi
Verwelkomingspakkie (sommer vir die bederf)
* Masseer- en skoonheidsbehandelings
* Daaglikse skoonmaakdiens
* Wasgoeddiens
* 24 uur-sekuriteit
* Veilige parkeerplek agter ’n elektriese hek

Moroccan House

___________________

Daar’s kleur en tekstuur om elke hoek. Daarom is dié boheemse blyplekke die moeite werd om te besoek!

 

Hooffoto: Moroccan House (LekkeSlaap.co.za)