Beplan jy ’n vakansie in die Wes-Kaap? Wil jy dié provinsie se natuurskoon in sy volle glorie ervaar? LekkeSlaap wys jou waar al Cape Nature se reservate te vinde is, watter doendinge elke reservaat bied, en natuurlik ook waar jy sag kan slaap na ’n bedrywige dag van voetslaan, voëlkyk en verkenning.

1. Matjiesrivier Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Erdvarke, otters, krimpvarkies, ratels, rooikatte, maanhaarjakkalse, bobbejane, dassies, klipspringers, vaalribbokke, en nog meer.
Doendinge: Truitjieskraal-rotsklim en -rotstekeninge en die Stadsaalgrot.
Verblyf: Clanwilliam
Lekke Aanbeveling: Clanwilliam Hills House with Flat bied ’n klomp nabygeleë doendinge, soos visvang, bergfietsroetes, swem en voëlkyk, en jy kan op jou stoep braai en aan ’n glasie wyn teug terwyl jy oor die vlaktes uitkyk.

2. Cederberg Wildernisarea

Flora: Fynbos
Fauna: Bobbejane, dassies, klipspringers, vaalribbokke, ystervarke, ratels, en nog meer.
Doendinge: Rotskuns, voetslaan, rotsklim en donkiekar-avonture.
Verblyf: Citrusdal
Lekke Aanbeveling: Cederkloof Botanical Retreat is reg langs die reservaat en jy kan hier visvang, fietsry, swem en verskillende voëlspesies gewaar.

3. Stony Point Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Kuifkopduikers, trekduikers, bankduikers, Hartlaub se meeue, kelpmeeue en dassies.
Doendinge: Pikkewynkyk by Bettysbaai.
Verblyf: Bettysbaai | Kleinmond
Lekke Aanbeveling: Bucaco Sud is naby klomp besienswaardighede geleë en bied die mooiste uitsigte en heerlike ontbyt!

4. Kogelberg Natuurreservaat

Flora: Fynbos wat spesies uit die protea-familie soos die bergroos insluit.
Fauna:  Bobbejane en klipspringers.
Doendinge: Voël-, wild- en walviskyk, Gravity Adventures, SA Forest Adventures, bergfietsry, swem in die Palmietrivier en voetslaan.
Verblyf: Pringlebaai | Rooiels
Lekke Aanbeveling: Sugarbird House is in die pragtige kusdorpie Pringlebaai en jy word omring deur die Kogelberg-biosfeer.

5. Robberg Natuurreservaat

Flora: Fynbos en kandelaarblomme.
Fauna: Blouduikers, Kaapse pelsrobbe, dolfyne en walvisse.
Doendinge: Walvis- en voëlkyk, swem, piekniekhou, voetslaan en hengel.
Verblyf: Robberg | Plettenbergbaai | Keurboomstrand | Nature’s Valley
Lekke Aanbeveling: 7 Orchid Valley Brackenridge is goed ingerig en spog met stylvolle interieur. Dit is in ’n eko-vriendelike veiligheidskompleks en ideaal vir gesinne of vriende wat die omgewing wil verken.

6. Keurboomsrivier Natuurreservaat

Flora: Boekenhout, stinkhout en Outeniekwageelhout.
Fauna: Blouduikers, grysbokke, muishonde, blouape, knysnaloeries, houtkappers, suikerbekkies, en nog meer.
Doendinge: Hengel, swem in die Palmietrivier, piekniekhou, kajak- en kanovaart, bootry en voëlkyk.
Verblyf: Robberg | Plettenbergbaai | Keurboomstrand | Nature’s Valley
Lekke Aanbeveling: The Dunes 80 is ideaal vir gesinne en dit bied privaat toegang tot ’n ongerepte strand op die randjie van ’n inheemse woud.

7. Goukamma Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Swarttobies, grysbokke, bosbokke, bosvarke, ystervarke, blouape, rooikatte, water- en grysmuishonde, ratels en otters.
Doendinge: Piekniekhou, walviskyk, swem in die Groenvleirivier, perdry, stap op die Blombos-, Galjoen-, Otter-, Buffelsbaai-voetslaanroetes, kajakvaart, hengel en voëlkyk.
Verblyf: Sedgefield | Knysna | Buffelsbaai | Victoriabaai
Lekke Aanbeveling: Stylish Living on the Water bied asemrowende verblyf op Thesen-eiland en dit is sentraal geleë ten opsigte van restaurante, winkels, strande en ’n klomp doendinge.

8. Outeniekwa Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Suikerbekkies en witkruisarende.
Doendinge: Voëlkyk en voetslaan op die Cradock- en George Peak-staptog, Pass-to-Pass-staptog en Cradock-piek.
Verblyf: George | Groot-Brakrivier
Lekke Aanbeveling: By Estuary Breeze kan jy kano- en kajakvaar, swem en jou boot op die rivier kom uittoets.

9. Gamka Natuurreservaat

Flora: Fynbos, vetplante en subtropiese struikgewasse.
Fauna: Klipspringers, Kaapse bergkwaggas, duikers, vaalribbokke, rooikatte, bobbejane, erdvarke, hartbeeste, steenbokke, en nog meer.
Doendinge: Rotsklim, piekniekhou, braai, wild- en voëlkyk, voetslaan, swem en 4×4.
Verblyf: Calitzdorp
Lekke Aanbeveling: Port Wine Guest House dateer uit die 1830’s en spog met ’n Victoriaanse boustyl. Hier kan jy heerlike wyn proe en die geskiedkundige dorpie verken.

10. Swartberg Natuurreservaat

Flora: Fynbos, veral die protea-familie, en Karooveld.
Fauna: Klipspringers, ribbokke, koedoes en dassies en springbokke.
Doendinge: Begeleide Swartberg-toere, Grootkloof-, Koningsgat-, De Hoek-, Ou Tol Sirkel- en Platberg Sirkel-voetslaanroetes, donkie-roete, piekniekhou, bergfietsry, voëlkyk, hengel en 4×4.
Verblyf: Klaarstroom | De Rust
Lekke Aanbeveling:  El Yolo One is ’n fotograaf se droom en avonturiers gaan vir seker nie verveeld wees nie, want hier kan jy kunsvlieghengel, fietsry, wildritte meemaak, en nog veel meer! 

11. Anysberg Natuurreservaat

Flora: Fynbos en Karooveld.
Fauna: Rooihartbeeste en Kaapse bergkwaggas.
Doendinge: Voetslaan, perdry, bergfietsry, sterrekyk, swem en 4×4.
Verblyf: Laingsburg | Matjiesfontein
Lekke Aanbeveling: Wagendrift Lodge is in die hartjie van die Karoo waar jy deur wild omring word. 

12. Boosmansbos Wildernisarea

Flora: Fynbos, veral die erika-familie.
Fauna: Grysribbokke, klipspringers, grysbokke, bobbejane, muskeljaatkatte, muishonde, dwergarende, fisante, tjerriktikke, en nog meer.
Doendinge: Voetslaan, voëlkyk, swem en bergfietsry.
Verblyf: Barrydale | Heidelberg
Lekke Aanbeveling: Wildflower Cottage spog met pragtige veldblomme en dit is die perfekte basis vanwaar jy die bekende Roete 62 kan verken.

13. Grootvaderbosch Natuurreservaat

Flora: Fynbos, rooiels, ysterhout, stinkhout en geelhout.
Fauna: Bosbokke, Kaapse grysbokke, bobbejane en spookpaddas.
Doendinge: Bergfietsry, voetslaan, swem en voëlkyk.
Verblyf: Barrydale | Heidelberg
Lekke Aanbeveling: Buckhouse Elegant Village Apartment is in die skadu van die Langeberge en op die oewer van die Duivenhoksrivier geleë. Gedurende Junie tot November kan jy ook op die uitkyk wees vir walvisse by Witsandstrand.

14. De Hoop Natuurreservaat

Flora: Die Kaapse Floraryk
Fauna: Elande, vaalribbokke, bobbejane, geelmuishonde, rooikatte, en nog meer.
Doendinge: Walvis-voetslaanroete, wild-, walvis- en voëlkyk, swem en bergfietsry.
Verblyf: Witsand | Infanta | Malgas
Lekke Aanbeveling: Seehuisie is perfek vir ’n strandvakansie en bied verskeie doendinge in die omgewing, soos branderry, valskermsweef, vlieërbranderry en smullekker etes by die Anchorage Beach Restaurant.

15. De Mond Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Kransaasvoëls, bontebokke, Kaapse bergkwaggas, elande, vaalribbokke, bobbejane, rooikatte, en nog meer.
Doendinge: Hengel, swem, piekniekhou, voetslaan en voël- en walviskyk.
Verblyf: Arniston | Struisbaai | Bredasdorp
Lekke Aanbeveling: Arniston Guesthouse is ’n ikoniese, tradisionele kliphuis en dis gemáák vir ’n rustige wegbreek saam met vriende of familie.

16. Walkerbaai Natuureservaat

Flora: Bietous, blombosse en wasbessies.
Fauna: Otters, bosbokke, duikers, grysbokke en steenbokke.
Doendinge: Klipgatgrot, voetslaan, walviskyk, hengel, swem en 4×4.
Verblyf: Stanford | De Kelders | Gansbaai
Lekke Aanbeveling: Goodwill Mountain Farm bied ’n paradys in die Overberg. Sluit hier aan vir ’n joga-sessie langs die reënwaterdam, kyk hoe die takbokke in die oggende saam met die perde en hul vulletjies in die gras baljaar en geniet die skoonheid van die berg.

17. Marloth Natuurreservaat

Flora: Fynbos, veral die protea- en erika-families.
Fauna: Dassies, ystervarke, duikers, klipspringers, bosvarke, bosbokke en vaalribbokke.
Doendinge: Piekniekhou, bergfietsry, perdry, voetslaan en voëlkyk.
Verblyf: Swellendam | Buffelsjagrivier | Suurbraak
Lekke Aanbeveling: Wolfkloof Boerdery spog met natuurskoon. Dié boerdery is buite Swellendam geleë en grens aan die Marloth Natuurreservaat.

18. Vrolijkheid Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Klipspringers, grysbokke, vaalribbokke, springbokke, rooikatte, jakkalsvoëls, Afrikaanse sperwers, vaal singvalke, witkruisarende en visarende.
Doendinge: Piekniekhou, bergfietsry, voetslaan op die Heron-, Braille- en Rooikat-roetes en voëlkyk.
Verblyf:  Bonnievale | Robertson | Montagu
Lekke Aanbeveling: Weltevrede Wine Estate bied ’n rustige vakansie op ’n wynplaas. Hiér kan jy aan heerlike wyn in die ondergrondse kelder teug, visvang, swem, op die uitkyk wees vir verskeie voëlspesies en in jou eie kano roei.

19. Hottentots-Holland Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Kaapse bergkwaggas, bontebokke, vaalribbokke en rooihartbeeste.
Doendinge: Zipline, swem, bergfietsry, kloofing (Suicide en Riviersonderend) en voetslaan op die Palmiet- of Boland-roetes.
Verblyf: Grabouw | Franschhoek
Lekke Aanbeveling: Cheverells Farm Cottages bied volkome rustigheid. Hier kan jy jou koppie Nespresso-koffie op die stoep geniet terwyl jy na die getjilp van voëls luister.

20. Assegaaibosch Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Ratels, bobbejane, klipspringers en muishonde.
Doendinge: Piekniekhou, voetslaan, swem en bergfietsry.
Verblyf: Stellenbosch | Somerset-Wes | Kuilsrivier
Lekke Aanbeveling: Fijnebosch Privaat Kamer is ideaal vir ’n paartjie en enkelinge wat smag na ’n natuur-avontuur, want in hierdie omgewing kan jy wynproe, perdry, fietsry, velddraf, en nog meer. 

21. Jonkershoek Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Luiperds, ratels, muishonde, bobbejane, klipspringers, suikerbekkies, en nog meer.
Doendinge: Piekniekhou, voetslaan, swem en bergfietsry.
Verblyf: Stellenbosch | Somerset-Wes | Kuilsrivier
Lekke Aanbeveling: Boord Guesthouse skuil in die hartjie van Stellenbosch en is ideaal vir besoekers wat al die skatte op die dorp wil besoek.

22. Limietberg Natuurreservaat

Flora: Geelhout en rivierplantegroei.
Fauna: Kaapse suikerbekkie, dassies, klipspringers, bobbejane, rooikatte en luiperds.
Doendinge: Swem, rotskuns, piekniekhou, voetslaan en hengel.
Verblyf: Paarl | Rawsonville | Wellington
Lekke Aanbeveling: Nuwerus Lodge is nie verniet as 2016 se top-blyplek van die jaar aangewys nie. Dit bied pragtige, stylvolle kamers, ’n smullekker ontbyt onberispelike diens en ’n sentrale ligging. 

23. Groot Winterhoek Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Rooikatte, wildekatte, muishonde, muskeljaatkatte, Kaapse berglyster en sperwers.
Doendinge: Kloofing, rotskunsroetes en voetslaan.
Verblyf: Porterville | Piketberg | Tulbagh
Lekke Aanbeveling: By Rendezvous word jy hartlik verwelkom. Jy kan vir Wagter saambring en lekker braai en swem op ’n sonskyndag.

24. Rocherpan Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Wit pelikane, flaminke, volstruise, Kaapse slopeend en swarttobies.
Doendinge: Walvis- en voëlkyk, swem, piekniekhou, bergfietsry, voetslaan en hengel.
Verblyf: Dwarskersbos | Aurora | Velddrif | Redelinghuys
Lekke Aanbeveling: Rocherpan is in die bekoorlike Dwarskersbos ver van die stad se gejaag.

25. Lambertsbaai Voëleiland Natuurreservaat

Flora: Fynbos
Fauna: Witmalgasse, kormorante en Kaapse pelsrobbe.
Doendinge: Walvis- en voëlkyk.
Verblyf: Lambertsbaai | Elandsbaai
Lekke Aanbeveling: West Coast Eagle’s Nest is reg langs die strand en bied gerieflike verblyf in die Weskus met ’n rits doendinge lekker naby.

Nou ja toe! Bespreek, trek daai stapskoene aan, gryp die kamera, pak daai tas en kom geniet ’n onvergeetlike avontuur in die Wes-Kaap se beeldskone natuur!

Hooffoto: Matjiesrivier Natuurreservaat deur Myrthe Hogenboom (Facebook)