“As jy geluk en vreugde wil vind, soek die neonboog se punt. Volg hom elke nag oor swart riviere. Oor kranse van beton. As jy aanhou stap, tien duisend ure, sal jy dalk daar kom” ─ Koos Du Plessis

’n Mens dink dikwels ’n wegbreek is ’n tyd om asem te skep op die platteland of ’n afgesonderde plek êrens in die bos. LekkeSlaap wil jou egter vertel dat nie élke vakansie stil en rustig hoef te wees nie! Wat van die rumoer van ons land se Goudstad? Of die gedruis van branders wat breek op Durban se strand? Om dié stede te vergelyk is ’n onbegonne taak ─ Johannesburg en Durban is 569 kilometer van mekaar af, en verskil soos dag en nag. Daarom het LekkeSlaap besluit om jou te wys wat hierdie stede enig in hulle soort maak! Johannesburg of Durban ─ waar sal jou Suid-Afrikaanse stadsprokie begin?

Die Stad

Johannesburg, Gauteng

Johannesburg is ’n betonoerwoud waar daar byna net soveel bome as geboue opskiet! Dié mensgemaakte woud bied oneindig baie geleenthede aan Suid-Afikaners en spog daarom met unieke, hartlike, vindingryke, en kreatiewe mense wat ’n aktiewe rol in die skep van die stadsatmosfeer speel.

Durban, KwaZulu-Natal

Durban se middestad is baie kosmopolities en propvol kontras: daar is hoë geboue langs die see, en Zoeloe-dansers en branderplankryers wat saam op die promenade wandel. Dié teenstellings en Durban se subtropiese klimaat skep beslis ’n vakansie-atmosfeer reg deur die jaar.

Die Lughawe

O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Kemptonpark

A post shared by Wonuola Olatunde Lamidi (@wonulamidi) on

Dié lughawe verwelkom daagliks besoekers van heinde en verre. Dis vernoem na ’n anti-apartheidspolitikus, Oliver Reginald Tambo. Dis nie net Afrika se grootste en besigste lughawe nie, maar dit verbind jou ook op verskeie maniere met die res van die wêreld, hetsy deur vlugte, die talle WiFi-kuberkolle, of die maklike toegang tot hoofweë en openbare vervoer.

King Shaka Internasionale Lughawe, La Mercy

A post shared by Peter Kabundi (@peter_kabundi) on

Dié lughawe is die tweede duurste projek wat Suid-Afrika al ooit aangepak het, en dis duidelik sigbaar! Dis vernoem na die Zoeloe-koninkryk se stigter, Koning Shaka kaSenzangakhona. By dié lughawe word kuns, musiek en KwaZulu-Natalse erfenis uitdruklik gevier ─ die perfekte voorsmaak van wat jy ook in die stad kan verwag.

Die Stadion

FNB Stadion / Soccer City, Nasrec

Die stadion lyk nes ’n kalbas ─ ’n uitgedroogte groente wat in Afrika as ’n drinkbeker gebruik word. Die aardse kleure wat met mosaïek uitgebeeld word, maak die stadion se fasade die ideale agtergrond vir ’n reisfoto! Ondersteuners geniet dit om die tuisspan, Kaizer Chiefs, hier aan te moedig. Vakansiegangers kan ook hulle tuisdorpe se rugby- of sokkerspanne hier ondersteun, of jy kan selfs internasionale en plaaslike kunstenaars hier sien optree!

Moses Mabhida Stadion, Stamford Hill

A post shared by Callie Sharp (@callie___sharp) on

Die stadion  is ook vernoem na ’n anti-apartheidsvegter. Die sitplek se kleurrangskikking laat dit lyk asof die skare reeds op Durban se strand sit of in die see baljaar. Dis die AmaZulu-sokkerspan se tuisveld, maar as jy nie ’n sokkerondersteuner is nie, bied die stadion ook ’n rits ander doendinge. Dit het ’n plek geword vir verskeie geleenthede, soos reksprong, musiekkonserte, krieketwedstryde, gholf-oefen, motorsport en rugby!

Die Mall

Mall of Africa, Midrand

A post shared by Ruan Vorster (@vorsterru) on

Die winkelsentrum is die grootste mall in Suid-Afrika wat in een fase gebou is. Daar is meer as 300 winkels, so trek gemaklike skoene aan om dié gebou plat te draf! Dit bring internasionale handelsname, soos Starbucks, na Suid-Afrika en dien ook as platform vir Suid-Afrikaanse handelsname, soos Freedom of Movement. Van koffie by Starbucks tot leersakke by Freedom of Movement ─ alles is hier!

Gateway Theatre of Shopping, Umhlanga

A post shared by Jaya Shravan (@jolllyjaya) on

Wat Gateway uniek maak is die verskeidenheid vermaak wat dit bied. Dit word met goeie rede ’n “theatre” genoem ─ daar is 18 Sterkinekor-bioskope, ’n Cinema Nouveau en twee iMax-teaters. Jy kan mini-gholf gaan speel, die mensgemaakte branders by die Wave House gaan geniet, windmakerig in die skaatsplankpark rondjakker, en selfs jou kennis by die wetenskappark toets!

Openbare Vervoer

Gautrain

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Odete Williams (@periperistudios) on

As jy ’n goue kaartjie koop kan die Gautrain jou na 10 stasies neem. Johannesburgpark-stasie, een van die bekendste stasies, is in die Goudstad se sakekern. Die stad is massief en jy het gewoonlik op jou tande kners om die verkeer aan te durf. Om dus elke oomblik van jou wegbreek te benut, kan dié luukse trein jou in ’n japtrap na jou bestemming neem!

Rickshaw


Dié tweewiel-trekkarretjie word op die promenade deur mense met die allermooiste Zoeloe-drag en reusagtige hoede getrek. Dié vervoermiddel gaan jou nie ver bring nie, maar dis ’n wonderlike manier om die Gouemyl van die Durbanse kus te geniet! Daar is ook heeldag ritte tussen al die restaurante, strande, handwerkstalletjies, uShaka Marine World en Sun Coast Casino.

Die Park

Johannesburg Botaniese Tuine  en Emmarentiadam, Sandton

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Vivid Vision Productions (@vividvisionproductions) on

Dié twee parke is reg langs mekaar en is beslis iets om te aanskou! Die botaniese tuine word uitstekend onderhou en sluit ’n roostuin in waar jy kan ontspan of selfs piekniek kan hou. Emmarentiadam is meer natuurlik en honde, asook bergfietsry en draf word hier toegelaat. In die somer is daar musiekkonserte en die dam het ’n boothuis vir kanovaart en roei.

Jameson Park, Morningside

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by ❤Lauren Crichton (@surfsup_yoga) on

 

Dié park spog ook met ’n roostuin waarin meer as 200 soorte rose pronk. Dis ook geskik vir ’n piekniek of joga wat soms gepaard gaan met musiek vanaf die koepelgeboutjie. Die park het talle diere, van tropiese visse en eksotiese voëls, tot reptiele. Kinders en honde speel heerlik op die grasperk en by die pragtige fontein. Die oudste huis in Durban, Elaphant House, is op die perseel en dateer uit die 1800’s toe olifante dit nog bestorm het.

Straatkuns

Een van die min dinge wat dié twee stede in gemeen het is kuns! Selfs die straatmure word met geskiedenis, wense, drome, of neonkleure versier! Dit laat mens skoon trots voel op Suid-Afrika se kreatiewe inwoners wat die strate gaan verf!

Johannesburg

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Timjentsch (@timjentsch) on

Durban

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Dane Stops (@danestops) on

Al verskil Durban en Johannesburg hemelsbreed, móét albei definitief boaan jou reislys wees! Loer gerus na al die blyplekke wat dié stede bied en bespreek nóú jou stadsprokie-wegbreek.

Hooffoto: Mandela Bridge, Johannesburg, Gauteng, South Africa deur South African Tourism (Flickr)