Droom jy nog altyd van ’n elegante bruilofsfees in die Goudstad, ’n troumakietie in Magaliesburg of ’n sprokiestroue in Dinokeng? Dan sal dié gids tot trou-venues in Gauteng sommer gou jou beste maat in die beplanning vir die groot dag raak! Ter viering van Valentynsdag het LekkeSlaap ’n paar blyplekke met trou-venues op die perseel gaan uitsoek sodat jy sommer gedurende die Maand van Liefde jou droomtroue, oftewel trounaweek, in ’n japtrap kan beplan!

Acre Of Africa Guesthouse, Boksburg

Acre of Africa is ’n gesellige gastehuis met ’n  groot, lowerryke tuin wat perfek is vir ’n sprokiestroue onder die sterre. Die kamers self is etlike treë van die venue af so dis ideaal vir trougaste wat vinnig en maklik in die bed wil klim na ’n lang aand se makietie. Kom klop gerus hier aan as jy ’n intieme tuintroue in die Goudstad se voorstede wil beplan!

Venue-opsies: Gazebo en lapa.
Trougaste: Sowat 70 gaste in die gazebo en 30 gaste in die lapa.
Venue-fooi: R36000.
Spyseniering: Ingesluit. Daar is 3 spyskaartopsies vir voorgereg, hoofgereg en nagereg. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Tafels, stoele, eetgerei, breekware, dekor, blomme en musiek.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 34 gaste.

African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden, Benoni

African Silhouette Guesthouse is ’n oase van absolute rus en vrede net 20 km vanaf O.R. Tambo. Dit bied ’n alles-in-een-ervaring vir paartjies wat ’n prettige tuin- of piekniektroue wil hou. Formele danstroues met wit markies- of Bedouintente en romantiese beligting word ook hier gehou.

Venue-opsies: Wit markiestent en kapel in die tuin.
Trougaste: 50 gaste.
Venue-fooi: R20580.
Spyseniering: Ingesluit. Verwelkomingsdrankies in die boma. Broodtafel, smere, konfyte, 2 vleise, 1 stysel, 1 tipe groente, 1 slaai en 1 nagereg.
Ook ingesluit by die tarief: Troukoördinering, wit markiestent met draperings, rooi tapyt, ronde tafels met wit linne, oorgetrekte stoele, roosblaarmandjies, eetgerei, breekware en hartversierings vir die tafel.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 15 gaste.

Afrique Boutique Hotel, Johannesburg

Dié AfriFranse hotel met sy kunstige argitektuur, fynproewersrestaurant en skouspelagtige tuin met sierfonteintjies is die ideale bestemming vir paartjies wat ’n intieme, romantiese troue met ’n tikkie Franse én Suid-Afrikaanse flair in gedagte het. Elke venue op die perseel het unieke dekor en gesellige kuiergeriewe wat ’n bietjie je nais se quoi aan julle troudag sal verleen!

Venue-opsies: Afrique Hall met ’n privaat buiteterras, Afrique Lapa met ’n kaggel, fontein en ’n troukoepel in die tuin en Afrique Cuisine met kaggels, ’n tuinstoep en Franse gazebo.
Trougaste: 80 gaste in die saal, 80 in die lapa en 60 gaste in die restaurant.
Venue-fooi: R15000.
Spyseniering: Nie ingesluit nie, maar spyskaartopsies is op die perseel beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Aantrekkamer vir bruid, troukoördinering, venue-versiering, ronde of reghoekige tafels, tafeldoeke, lapservette, houtstoele, tafels vir register, koek, geskenke en DJ, kelners, eetgerei en breekware.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 48 gaste.

Alpine Attitude Hotel, Pretoria

As ’n hipermoderne troue meer jou styl is, is Alpine Attitude Hotel in die hartjie van Pretoria ’n puik plek om die ja-woord te sê. Dié hotel se interessante argitektuur, kontemporêre dekor en ontwerpe van plaaslike kunstenaars maak dit ’n karaktervolle venue wat ideaal is vir ’n sjiek stadsjapietroue.

Venue-opsies: 3 onthaalsale om van te kies.
Trougaste: 60 gaste.
Venue-fooi: Vanaf R5000. Doen navraag.
Spyseniering: Driegang-buffetmaaltyd vanaf R380 per persoon. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Stoele, alle nodige tafels met tafeldoeke en lapservette.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 16 gaste.

Amadwala Lodge, Roodepoort

As jy hou van die idee van ’n kuiertroue met ’n spitbraai en buffet-ete in die bos, is Amadwala Lodge vir jou bedoel! Dié lodge bied ’n droomkombinasie: ’n informele, tradisionele Afrika-venue en elegante, moderne geriewe en verblyf. Amadwala beloof ’n pasgemaakte trou-ervaring wat jou gaste nie gou sal vergeet nie!

Venue-opsies: Afrika-boma en Swembaddek/Restaurant.
Trougaste: 180 gaste in die boma en 50 op die swembaddek/in die restaurant.
Venue-fooi: R7500 vir Afrika-boma, R3500 vir swembaddek/restaurant en R1500 vir kapel.
Spyseniering: Talle spyskaartopsies wat wissel van R169 – R300 per persoon en verskillende drankies is teen ’n addisionele koste beskikbaar. Daar is ’n kontantkroeg.
Nog ingesluit by die tarief: Troukoördinering, veilige parkeerplek, ronde tafels, wit tafeldoeke, versier en skoonmaak van venue, kelners, glase, eetgerei en breekware.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 30 gaste.

Bergvallei Estates, Muldersdrift

Bergvallei is ’n majestueuse landgoed wat ’n mens aan ’n tipiese wynlandgoed in Stellenbosch met groen en wit geboue in ’n outydse boutstyl laat dink. Die perseel is omring deur roostuine, fonteine en Romeinse standbeelde en daar is trougeriewe vir ’n romantiese wintertroue in die hoofsaal en ’n prentjiemooi somerstroue in die tuin. Daar is genoeg slaapplek vir die hele familie, so bring almal saam vir ’n onvergeetlike naweek aan die Wesrand!

Venue-opsies: Onthaalsaal en tuin-venue.
Trougaste: 100 – 300 gaste in die onthaalsaal en 60 – 100 gaste in die tuin-venue.
Venue-fooi: Doen navraag. Dit hang af van die aantal gaste en spyskaartkeuse.
Spyseniering: Talle spyskaartopsies wat wissel van R300 – R400 per persoon, afhangend van die aantal gaste en tyd van die dag.
Ook ingesluit by die tarief: Maître d’, kelners, sjerrie, sap en water na seremonie, rooi tapyt, kroegpersoneel, kershouers, glase, breekware, eetgerei, lapservette, groot tafels, koektafel, tafellinne en opmaak van tafels.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 62 gaste.

Casa Toscana Lodge, Pretoria-Oos

Dié lodge in Lynnwood Manor se Italiaanse bekoring sal jou na Toskane wegvoer. Buitelug-troues in die sprokiestuin met ’n elegante gazebo en feëtjieliggies is hulle spesialiteit en die troupakkette kan volgens jou behoeftes, begroting en visie aangepas word. Casa Toscana se ervare span sal gereed staan om julle dag so besonders as moontlik te maak!

Venue-opsies: Onthaalsaal en tuin-venue met kapel.
Trougaste: 60 – 150 gaste.
Venue-fooi: R17600.
Spyseniering: Nie ingesluit nie. R550 per persoon vir verwelkomingsdrankies, ’n oestafel, driegang-buffet-ete of vasgestelde spyskaart, koffie- en teemaakgeriewe en 1 bottel vonkelwyn per tafel.
Ook ingesluit by die tarief: Aantrekkamer vir bruid en bruidegom, troukoördineerder, kelners, kroegpersoneel, rooi of wit tapyt, podium, stoele, tafels vir register, koek, geskenke en DJ, eetgerei, breekware, glase, feëtjieliggies en standaarddekor.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 40 gaste.

Destiny Lodge, Cullinan

Gesellig of gesofistikeerd? Binne of buite? Destiny Lodge se venues bied dit alles en meer! Daar is ’n tuinkapel omring deur lowerryke tuine, grasperke en massas wit Iceberg-rose, en ’n meer formele kapel met massiewe houtdeure en ou houtkerkbanke. Boonop is dié lodge op die Diamant-roete geleë, wat dit des te meer die gepaste plek maak om ringe te ruil!

Venue-opsies: Onthaalsaal, formele kapel en tuin-venue met kapel.
Trougaste: 60 – 150 gaste.
Venue-fooi: R380 – R500 per gas afhangend van die tyd van die jaar.
Spyseniering: ’n Driegangmaaltyd met spyskaartopsies, 1 bottel wit/rosé of JC Le Roux-vonkelwyn per tafel, 1 glas sjerrie, 1 glasie vrugtesap en water met ment en suurlemoen is ingesluit. Verskeie tipes drankies en peuselhappieborde is teen ’n addisionele koste beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Verskeie tapyte om van te kies, ’n podium, registertafel, konfettibakke, blomme en kerse vir die kapel en kroegpersoneel, kelners, ronde en lang tafels met tafeldoeke en -lopers, kleiner tafels vir geskenke, die koek en die DJ, banket- of Tiffany-stoele en oortreksels, standaarddekor, eetgerei, breekware en glase vir die onthaal.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 40 gaste.

Gabbata Lodge, Roodeplaat

Verlang jou hart na die bosveld? Dan sal dié lodge op ’n ongerepte stukkie bosveld van sowat 30 hektaar sommer dadelik jou hart steel! Of jy nou ’n groot makietie of ’n intieme troue saam met jou naastes beplan, Gabbata is bereid om hul troupakket by jou smaak en sak aan te pas. Dit is ook die ideale wegbreekplek vir gaste wat sommer ’n naweek van die troujolyt wil maak.

Venue-opsies: Onthaalsaal en kapel.
Trougaste: 60 – 200 gaste.
Venue-fooi: R41250 – R92000 afhangend van die aantal gaste. Afslagtariewe is beskikbaar van Maandag tot Vrydag.
Spyseniering: Ingesluit. Driegangmaaltyd wat ’n buffetete, ’n vaste spyskaart of braai ter waarde van R295 per persoon sal wees.
Ook ingesluit by die tarief: Ronde gastetafels met swart of wit linne, rooi tapyt, plastiekstoele met swart of wit oortreksels of Tiffany-stoele met wit kussings, lapservette, onderborde, breekware, eetgerei, glase, spieëls op die tafels, geskenktafel, drapeerlappe en feëtjieliggies, 3 kelners, 1 kroegman en verwelkomingsdrankies vir gaste.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 45 gaste.

Isiphiwo Boutique Hotel and Spa, Pretoria

Die elegante Isiphiwo Boutique Hotel & Spa sal jou troudag een vir die boeke te maak! Buiten befaamde gasvryheid en noukeurige aandag aan detail is dit Isiphiwo se spog-venues wat dit so ’n besonderse bestemming maak. Kom loer gerus watter venue vir jou bestem is!

Venue-opsies:  Onthaalsaal en kapel of Imbali-kapel en kleiner saal.
Trougaste: 300 gaste in die groot onthaalsaal en 70 gaste in die kleiner saal.
Venue-fooi: R8700 – R28350 vir die onthaalsaal en R4000 – R11000 vir die Imbali-kapel afhangend van die aantal gaste en dag van die week. Doen navraag vir meer inligting.
Spyseniering: Verskeie spyskaartopsies is op versoek en teen ’n addisionele koste beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Klankstelsel, podium en mikrofoon in kapel, kerse vir kershouers teen muur, ronde tafels met wit of roomkleur linne en lapservette, stoele met wit of roomkleur oortreksels, stoele en registertafel vir bruidspaar, standaard-buffettafels, water vir die tafels, rooi tapyt, digitale kluis vir koeverte, troukoördineerder, hoofkroegman, kelner, snoephappies en sap of vonkelwyn vir die bruid, kragopwekker, sambrele, tuintafels en stoele vir tussen die seremonie en onthaal.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 36 gaste.

Kleinkaap Boutique Hotel, Centurion

Sommer met die eerste oogopslag sal jy sien dat dié venue nie verniet “Kleinkaap” gedoop is nie. Die elegante Kaap-Hollandse argitektuur en lowergroen tuin sal jou wegvoer na die Kaapse Wynlande en boonop sal die fynproewerskos en keurige wynlys jou ook laat voel of jy op ’n wynlandgoed feesvier. Kleinkaap se ervare personeel en ouwêreldse bekoring is ’n wenresep vir ’n kosbare, kommerlose troudag wat jy en jou trougaste vir altyd sal koester!

Venue-opsies:  Tuindek, buitekapel, binnekapel, onthaalsaal en boma-dek.
Trougaste: 80 – 350 gaste.
Venue-fooi: R15 000 (vir die wintermaande) en R20 000 vir die ander maande.
Spyseniering: Vasgestelde en buffet-opsies is teen ’n ekstra koste beskikbaar. Doen navraag vir meer inligting. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Opmaak van venue, troukoördineerder, ronde of reghoekige tafels, tafeldoeke, lapservette, breekware, eetgerei, glase, stoele en bankies, enkele dekoritems, ysbakke, tafels vir die register, koek, DJ en geskenke, sekuriteitswag, parkeerplek, kaggels vir wintersdae en daksproeiers vir somersdae, 2 vintage-motors, kelners en kroegmanne.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 68 gaste.

Klip River Country Estate, Vereeniging

Klip River Country Estate lê aan die oewer van die Kliprivier tussen Meyerton en Vereeniging en is net ’n kort entjie se ry uit die stad. Dié luukse landgoed is die tipe plek waar jy selfs so tussen al die weelde so tuis soos by jou eie huis sal voel. Klip River Country Estate maak voorsiening vir verskeie tipes troues ─ of jy nou ’n intieme oggendtroue net saam met jou naastes wil hou, of saam met al jou vriende ’n hele naweek daarvan wil maak. Daar is drie trou-venues én ’n groot kapel op die perseel, so trek daai gastelys nader en kyk watter een jou die beste sal pas.    

 

Venue-opsies: Grasdakkapel en houtdek met grasterras vir seremonie en ’n keuse tussen die intieme Loerie-saal met ’n kroeg maar geen dansvloer, die gewilde Hadida-saal en groter Kingfisher-saal.
Trougaste: 250 in die grasdakkapel, 40 in die Loerie-saal, 100 in die Hadida-saal en 350 in die Kingfisher-saal.
Venue-fooi: Die tarief word per persoon gehef en wissel van R285 – R305 per persoon. Doen navraag vir meer inligting. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Spyseniering: Driegangmaaltyd vanaf die standaardspyskaart is ingesluit en enige veranderings en bykomstighede kos ekstra. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Troukoördinering, ronde tafels, stoele, linne vir tafels en stoele, DJ-tafel, verskeie dekoritems (doen navraag), rooi of bruin tapyt, lapservette, eetgerei, breekware, opmaak van tafels, kroegpersoneel, kelners en karwagte.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 23 gaste.

Ma Tala Tala Wildlife Reserve, Cullinan

As rustiek en plaassjiek twee woorde is wat jou droomtroue beskryf, dan is jy nou op die regte plek! Alhoewel Ma Tala Tala net 25 minute van Pretoria af is, is dit ideaal vir ’n plaasstyltroue in die grasdak-klipkapel tussen die bome en trekkers. Dit word as een van die mees sakpas-venues rondom Pretoria beskou, veral as ’n mens in ag neem wat alles by die tarief ingesluit is. Kom vind uit of Ma Tala Tala jou troudrome kan bewaarheid!

Venue-opsies: Onthaalsaal, buitekapel en grasdak-klipkapel.
Trougaste: 20 – 150 gaste.
Venue-fooi: Doen navraag ─ hoe meer gaste daar is, hoe goedkoper raak dit.
Spyseniering: ’n Buffetete met voorgereg, 2 vleise, 4 groentes, 2 stylsels, 3 slaaie, nagereg, koffie en tee, en 1 bottel vonkelwyn per 10 gaste is ingesluit. Verskeie spyskaartopsies is beskikbaar om vooraf te proe. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Troukoördinering, opmaak van saal, verversings vir die bruid, ’n aantrekkamer, kuierarea onder die bome, buitelug-boma met hout, basiese dekor, tafels, stoele en stoeloortreksels. ’n Wildkykvoertuig is ook beskikbaar vir veldfoto’s. Teen ’n ekstra koste kan Ma Tala Tala musiek, ’n fotograaf en troukar reël.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 58 gaste.

Mokoya Lodge, Hekpoort

Begin julle nuwe avontuur saam by dié ongekunstelde bosveld-venue aan die oewer van die Magaliesrivier naby die Wieg van die Mensdom. Dit is ideaal vir ’n naweektroue waar familie en vriende heerlik saam kan kuier en die paartjie eksklusiewe toegang tot al die trougeriewe op die perseel sal hê. Hier sal jou gaste aan fynproewerskos smul en die skouspelagtige uitsig op die Magaliesberge bewonder.

Venue-opsies: Lapa-venue en kapel teen die rivier.
Trougaste: 110 gaste.
Venue-fooi: R10000 – R13000 afhangend van die tyd van die jaar.
Spyseniering: Buffetetes teen R300 – R350 en ’n oespiekniek vir gaste wanneer die paartjie foto’s neem is teen R85 per persoon beskikbaar. ’n Kontantkroeg en verwelkomingsdrankies (R22 vir ’n glasie sjerrie en R80 vir ’n beker vrugtesap) is ook beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Een van die kapelle, lapa se kroeg en dansvloer, tuin vir foto’s neem, tafels, stoele, linne, eetgerei, breekware, glase, drapeerlappe vir die buffet, kelners, troukoördineerder en veilige parkeerplek.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 60 gaste.

Monchique Boutique Guest House, Muldersdrift

As ’n plattelandse atmosfeer en intieme seremonie in jou smaak val, is Monchique se bekoorlike kapel, elegante onthaalsaal en pragtige stoep moontlik nét waarna jy op soek is! Monchique bied vierster-gasvryheid en aanpasbaarheid wat sal verseker dat jou troudag presies verloop soos jy dit wil hê. Daar is ook lekker baie verblyf sodat die hele familie ná die troue kan oorslaap.

Venue-opsies: Kapel en onthaalsaal.
Trougaste: 50 in die kapel en 60 in die onthaalsaal.
Venue-fooi: R6000
Spyseniering: Daar is 3 buffet-opsies en ’n spitbraai-opsie teen ’n addisionele koste van R320 – R400 per persoon om van te kies. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Tafels en stoele, swart of wit stoeloortreksels, tafeldoeke- en lopers wit lapservette, rooi tapyt, eetgerei, breekware, glase, silwer onderborde, kelners, kroegmanne, kleiner tafels vir geskenke en die koek, en veilige parkeerplek.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 30 gaste.

Mooiplaatsie Country House, Pretoria-Oos

Plaassjiek dekor en boheemse bekoring ─ dís wat jy van Mooiplaatsie Country Estate kan verwag! Rots en hout is gebruik om dié eiesoortige venue te bou. Dit is omring deur pragtige “vintage”-plaasimplemente, ’n netjiese tuin vol hasies en vetplante, ’n prentjiemooi plaasdam met eende en swane en versteekte wandelpaadjies wat ’n absolute sprokieswêreld vir jou groot dag skep. Nooi jou hele familie vir ’n gesellige trounaweek in die bosveld!

Venue-opsies: Onthaalsaal, 1 kapel op die plaasdam en 1 houtkapel in die woud.
Trougaste: 50 – 150 gaste.
Venue-fooi: R9500 – R10000 vir die venue en R510 – R680 per persoon.
Spyseniering: Die tarief per persoon sluit ’n driegangmaaltyd in ─ paartjies bespreek die spyskaart vooraf met die professionele spyseniers op die perseel. 1 bottel JC Le Roux (Le Domanie of La Fleurette) per 10 gaste en verwelkomingsdrankies is ook ingesluit. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Rooi tapyt, podium, wit Wimbledon-stoele, lang houttafels met brons staalstoele en kussings, tafels vir geskenke en die koek, wit lapservette, onderborde, opmaak van tafels en skoonmaak van venue, gasvrou gedurende die troue, 4 kelners, 3 skoonmakers, 2 kroegmanne, kragopwekker vir noodgevalle, sekuriteitswag en Mooiplaatsie-dekor (doen navraag).
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 44 gaste.

North Haven Country Estate, Wesrand

North Haven Country Estate is ’n bosveldwegbreek naby die stad met skouspelagtige uitsigte wat tot by die Magalieskoppies in die verte strek. Die landgoed het ’n elegante trou-lapa, ’n kapel en ’n moderne Afrika-styl wat die omliggende bosveld komplementeer. Kom beloof ewige trou by dié toweragtige toevlugsoord aan die Wesrand!

Venue-opsies: Lapa, kapel en tuinterras vir seremonies.
Trougaste: 200 gaste vir ’n onthaal in die lapa en 180 gaste vir ’n seremonie op die tuinterras.
Venue-fooi: Vanaf R335 per persoon.
Spyseniering: ’n Braai- of buffetmaaltyd is ingesluit by die venuefooi. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Bestuurder aan diens, ronde tafels, hooftafel, tafels vir ’n koek en geskenke, wit tafellinne, wit lapservette, breekware, eetgerei, koekmes, glase en veilige parkeerplek.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 4 gaste.

Olympus Manor, Pretoria-Oos

Olympus Manor is in ’n stil tuin met sierfonteintjies en majestueuse bome op ’n landgoed met ’n ouwêreldse bekoring in Pretoria-Oos versteek. Daar is verskeie venues om van te kies ─ van ’n binnehof in die buitelug tot ’n onthaalsaal met kaggels. So of jy nou van ’n snoesige wintertroue of ’n soel somertroue hou, by Olympus Manor sal jou spesiale dag nie sommer skeefloop nie!  

Venue-opsies: Binnehof, onthaalsaal, “Manor”-venue en 3 kapelle.
Trougaste: 250 gaste in die binnehof, 240 gaste in die onthaalsaal, 50 gaste in die “Manor”-venue, 100 gaste in die klipkapel en onderskeidelik 100 en 280 gaste in die ander 2 kapelle.
Venue-fooi: Tans R350 per gas (R380 vanaf September 2018).
Spyseniering: Ingesluit. Doen navraag vir die spyskaart. Daar is ’n kroeg waar gaste met krediet- of debietkaarte betaal of die paartjie kan ’n “tab” oopmaak. Verwelkomingsdrankies word ook voorsien.
Ook ingesluit by die tarief: Ronde tafels, tafellinne en -lopers, standaardstoele, wit lapservette, onderborde, breekware, eetgerei, glase, klankstelsel in onthaalsaal, feëtjieliggies op hooftafel en in binnehof, ronde spieëlborde, silwer ysbakke, 1 beker vrugtesap en 1 beker water per tafel met 10 gaste, verskeie blompotte, tafels vir koek en geskenke, kroegman, kelners, opmaak en skoonmaak van onthaalsaal en bestuur aan diens in die onthaalsaal. Stoele, oortreksels, rooi tapyt, registertafel met tafeldoek, podium, knielkussings, konfettimandjies, klankstelsel, opmaak en skoonmaak en bestuur aan diens in die kapel.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 22 gaste.

Ritsako Game Lodge, Dinokeng

By Ritsako Game Lodge is die Groot 5 sommer ook ongenooide getuies van julle groot dag! Dié nuwe trou-venue is in ’n Groot 5-wildreservaat net 45 km noord van Pretoria geleë en dit bied ’n unieke kombinasie van wild en luuksheid. Daar is meer as een venue om van te kies, so alles van groot familiefeeste tot intieme tuintroues kan suksesvol hier gehou word!

Venue-opsies: Die tuin, groot saal en kapel.
Trougaste: 250 gaste in die saal en 150 gaste in die kapel.
Venue-fooi: Wissel van R7000 – R13000.
Spyseniering: Nie ingesluit nie, maar hulle kan dit vir jou reël teen R320 – R440 per persoon. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Kelners, ronde en lang tafels, tafeldoeke, Tiffany-stoele, lapservette, tafels, vir die koek, geskenke en DJ, eetgerei, breekware en wyn- en vonkelwynglase. Die lodge kan gaste help om ’n troukoördineerder, aantrekplek vir die bruid, dekor, ’n troukoek en foto- en videograaf te reël.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 98 gaste.

Steynshoop Valley Lodge, Hekpoort

Steynshoop lê in ’n Wêrelderfenisgebied naby Gauteng en spog met ’n asemrowende uitsig op die skilderagtige Magaliesberge en die immergroen vallei. Klein, groot, tradisioneel, modern, buite en binne ─ hier is ’n venue vir elke smaak! Die idilliese ligging, legio doendinge en oorvloed verblyf op die perseel maak dit ook ’n puik bestemming vir ’n groot familiesaamtrek as julle die hele naweek wil feesvier.

Venue-opsies: Onthaalsaal, kapel, lapa, markiestent in die tuin en eetkamer.
Trougaste: 150 gaste in die onthaalsaal, 120 – 150 gaste in die kapel en 40 gaste in die eetkamer.
Venue-fooi: R21000 vir die standaard-opsie in die onthaalsaal.
Spyseniering: Nie ingesluit nie, maar hulle kan jou help om dit te reël en daar is ’n paar spyskaarte om van te kies. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Ook ingesluit by die tarief: Tafels, stoele, eetgerei, breekware, kelners, skoonmakers en toegang tot die kroeg en die biljartkamer. Die lodge kan gaste help om dekor, blomme, drank en ’n wit tapyt vir die kapel te reël.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 20 gaste.

The Conclave Country Lodge, Dinokeng

The Conclave Country Lodge is ’n toevlugsoord tussen die rotsagtige Bobbejaansberge op die randjie van die Dinokeng Groot 5-wildreservaat. Dit is ’n absolute lushof vir bosveldliefhebbers. Soos die naam “Conclave” (“geheime, privaat bymekaarkomplek”) te kenne gee, stel die lodge eksklusiwiteit hoog op prys en hulle beloof om jou groot dag hulle enigste prioriteit te maak. Byna alles kan op die perseel gereël word wat jou baie moeite sal spaar met jou troubeplanning!

Venue-opsies: Onthaalsaal en kapel.
Trougaste: 140 gaste.
Venue-fooi: R540 per persoon vir die Standaardpakket en R615 per persoon vir die Conclave-pakket. Doen navraag vir nog pakkette.
Spyseniering: Driegang-buffetmaaltyd en 1 bottel JC le Roux-vonkelwyn per tafel (Le Domaine/La Chanson/La Fleurette), 2 bottels Two Oceans-wyn per tafel (Cabernet Sauvignon Merlot en Sauvignon Blanc en verwelkomingsdrankies. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en met elke bespreking van meer as 15 persone ontvang julle ’n R2500-kroegkoopbewys.
Ook ingesluit by die tarief: Troukoördineerder, assistent, opmaak en skoonmaak van kapel en venue, boma, kragopwekker, nagwag en veilige parkeerplek, rooi tapyt, houtpodium, stoele met oorstreksels, alle nodige tafels met tafeldoeke, stoele met oortreksels, lapservette, 1 kelner vir elke 2 – 3 tafels en kroegpersoneel. Die Conclave-pakket sluit ook snoephappies vir tussen die seremonie en onthaal in.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 66 gaste.

Three Rivers Lodge, Vereeniging

Three Rivers Lodge is in ’n tuin in die hartjie van die Vaaldriehoek versteek,  maar dit is alles behalwe vaal by dié lodge met sy Toskaanse bekoring en argitektuur ─ die elegante onthaalsaal en kapel met sy gebrandskilderde vensters skep ’n ongeëwenaarde romantiese atmosfeer. Kom ruil troubeloftes uit hier waar die Klip-, Suikerbosrand- en Vaalriviere bymekaarkom!

Venue-opsies: Raduno-onthaalsaal, Veneto-onthaalsaal, stoep en kapel.
Trougaste: 160 gaste in die Raduno-onthaalsaal, 80 gaste in die Veneto-onthaalsaal, en 80 gaste in die kapel.
Venue-fooi: R12000 vir die Raduno-onthaalsaal en R7000 vir die stoep.
Spyseniering: Daar is verskeie troupakkette om van te kies wat almal verskillende maaltydopsies insluit. Doen navraag vir meer inligting.
Ook ingesluit by die tarief: Tafels, wit tafellinne, tafeltjies vir die koek en geskenke, stoele, breekware, eetgerei, glase, bestuurder aan diens, kelners, kroegmanne en genoeg parkeerplek.
Verblyf op die perseel: Slaapplek vir 84 gaste.

Al die venues hierbo is maar net ’n handjievol van Gauteng se gewildstes! Ons weet dis oorweldigend om ’n trou-venue te kies, so ons hoop dié gids sal jou help om ’n ingeligte keuse te maak oor waar om julle nuwe lewensreis saam te begin!

Hooffoto: Isiphiwo Boutique Hotel and Spa