Die jaar het skaars begin en ons is reeds effe Kusboude, maar kom kuier by dié heerlike LekkeSlaap-plekke, want Dis Beau-tie-ful! ’n Braai is aan die orde van die dag, maar selfs al maak jy ’n Kotties Paai, is ’n Glipsie by die See nie die dood van Katryn nie! Kom eis jou Pondjiebotter en gaan kuier bietjie in ’n Weskus Grotjie sonder fieterjasies, want ’n LekkeSlaper met vakansie Kani Traki! Wat is verskillende tale dan nou tussen my en jou ─ LekkeSlapers praat tog dieselfde taal wanneer dit kom by vakansiehou. En dis duidelik dat sommige mense beslis ’n gawe het vir skerp instansiename! 

Kani TrakiL’Agulhas

En ’n reisiger met sy backpack aan, het op sy fiets daarlangs gery. Verby Kaap Agulhas op die Struisbaaipad by ’n ligtoring verby. En op die suidste punt van die land se kaart was dit tyd om ’n glasie op die naweek te klink! – Robbie Wessels voor sy braaivleisvuur

Slaapplek vir: 6
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: Braai-area en veilige parkeerplek

KusboudeMc Dougallsbaai

Wie’t al daai blomme geplant, ja al daai blomme in Namakwaland. – Zak van Niekerk na sy middagslapie.

Slaapplek vir: 8
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: Braai-area en satelliet-TV

PondjiebotterPringlebaai

Hoe gaan ek van vakansie vergeet as die branders breek op Pringlebaai. Hoe kan ek nie aan vakansie dink as die wind so waai op Pringlebaai. – Martin Bester met sy voete in die sand.

Slaapplek vir: 4
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: Braai-area en TV

Kotties PaaiMosselbaai

Laat ons terugdraai, na ’n vriendelike kaai. Bartolomeu Dias, ons wil huis toe gaan. Ooswaarts het ons gedraai en geland by Mosselbaai! – Carike Keuzenkamp met ’n glasie wyn in die hand.

Slaapplek vir: 6
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: Enkelmotorhuis, braai-area en TV met DStv

Willie WeggieMorganbaai

Suid-Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo! Hulle hou van partytjies, en om oor die Wildekus te droom. – Karen Zoid in ’n hangmat.

Slaapplek vir: 4
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: TV met DStv, braaigeriewe en veilige parkeerplek

Dis Beau-tie-fulPaternoster

Die see by Paternoster is ’n ander see meneer. Hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer. Want ’n glasie wyn en ’n braaivleisvuur laat enige man mos lekker vakansiehou. Ja, hierdie is ’n see, meneer. – Coenie de Villiers op dié stoep.

Slaapplek vir: 2
Ouderdomme: Geen kinders onder 18 jaar
Geriewe: Braaigeriewe en WiFi

Weskus GrotjieLambertsbaai

Kreef uit die Weskus en ’n vars kabeljou. Darling se wyn net vir my en vir jou. Snoek en patat, ja dis my plesier. Dis mos hoe mens vakansie hou op die Weskus-manier! – Andries Vermeulen langs die viswaters.

Slaapplek vir: 2
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: Veilige parkeerplek, braaigeriewe en selfsorgkombuis

Glipsie by die seePearly Beach

Almal wil ’n huisie by die see hê en LekkeSlaap sê die struggle is verby want daar is beslis ’n plekkie vir jou én vir my! – Lucas Maree terwyl hy na die sonsondergang kyk.

Slaapplek vir: 4
Ouderdomme: Almal welkom
Geriewe: WiFi, skottelgoedwasser en TV met DStv

Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar! ’n Tong-in-die-kies vakansiewegbreek in jóu moedertaal met ’n glas wyn in die hand en die see se reuk is presies wat jy nodig het om van jou sorge te vergeet!

***

Hooffoto: Khula’s Cottage
Alle ander foto’s: LekkeSlaap