Kategorie: Bekendes

OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell

deur Chanté van Schalkwyk op 13 Mei 2019

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi noord na Sasolburg, Kroonstad en Welkom, en sterre soos Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe vermaak ons weer op die verhoog tot ons mae seer gelag is! Kombi-Nasie tree 14 Mei by die Ettiene Rossouw-teater in Sasolburg in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan Pietman Geldenhuys en sy … Lees “OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell”

My voete loop na Wellington …

deur Karli Durr op 23 April 2019

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die … Lees “My voete loop na Wellington …”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo

deur Gerriline Fouché op 8 April 2019

Die jaar is ryp met April se amberblaarkomberse wat die strate bedek en OPTOG! se kombi-vloot staan slaggereed om die landspaaie tot in Bloemfontein met roomyskleure te verf! Nataniël se fluweelmantels en blink rokke hang reg om jou in swierige styl te laat skaterlag en Sandra Prinsloo se verhoogpolvye staan blink gepoets om jou met … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch

deur Karli Durr op 11 Maart 2019

Vandeesweek reis OPTOG! se kombi’s al die pad tot in Pretoria. As jy daarvan hou om te lag, sal Nataniël jou laat skater en Laurika Rauch se lirieke sal jou voorwaar in vervoering laat. Laurika Rauch tree op 18 en 19 Maart in die Attebury-teater in Pretoria op. Dié vertonings is ongelukkig uitverkoop, maar hierdie legendariese … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis

deur Jeanne Carstens op 25 Februarie 2019

Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Jak de Priester

deur Nanje Lourens op 18 Februarie 2019

Dié week reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Rustenburg tot in Stellenbosch en sterre soos Nataniël, Deon Meyer en Coenie de Villiers sluit by dié toer aan om gehore wyd en syd te vermaak. Jak de Priester tree die 21ste Februarie in Tzaneen in Limpopo op en LekkeSlaap het met hom gesels voor … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Jak de Priester”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Elvis Blue

deur Adriëtte le Roux op 11 Februarie 2019

Oor die volgende tien maande neem OPTOG! die land én die KykNet-kassie op horings. Met twee roomyskleurige kombi’s gaan dié teater-troebadoergroep Suid-Afrika deurkruis en gróót vermaak na klein dorpies bring. Ou dorpsteaters sal dan opnuut glinster en plattelanders hoef nie meer die groot stad aan te durf om die groot name te sien nie, want … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Elvis Blue”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za