Kategorie: Doenige Dae

5 Kindervriendelike Diereplase vir Klein Kabouters

deur Gerriline Fouché op 19 September 2018

Dis naweek, die piekniekmandjie is gepak, die kinders bars uit hul nate van opgewondenheid en die son trek al water ─ waarheen nou? As jy nog nie seker is in watter rigting die motor se neus jou dié keer gaan lei om die kleinspan vir die dag besig te hou nie, beter jy hierdie blog … Lees “5 Kindervriendelike Diereplase vir Klein Kabouters”

Kom kry Vis-en-Tjips aan die Kaap se Kus

deur Cea Swart op 12 September 2018

“Snoek lekker ou ─ snoek Kaap se snoek Uit die Kaap se waters …” ─ Allen Brodell Dis nie ’n Kaapse vakansie sonder ’n besoek aan ’n smullekker vis-en-tjips-restaurant nie! Só knus aan die kus lok dié Kaapse vis-en-tjips-winkels besoekers van heinde en verre om sout-van-die-aarde mense te kom ontmoet en aan hulle heerlike disse … Lees “Kom kry Vis-en-Tjips aan die Kaap se Kus”

Durf die Onbekende Oos-Kaapse Hooglande aan

deur Jana Barnard op 12 September 2018

Het jy al ooit van die Oos-Kaapse Hooglande gehoor? Hierdie hoë streek op Lesotho se voorstoep met dorpies soos Lady Grey, Barkly-Oos, Ugie, Elliot, Maclear en Mount Fletcher word maklik op ’n kaart misgekyk. ’n Bietjie naslaanwerk oor hierdie onontdekte sprokiesland in die Suidelike Drakensberge sal jou dadelik op ’n paar interessanthede laat afkom, soos … Lees “Durf die Onbekende Oos-Kaapse Hooglande aan”

Bergfietsroetes: Kyk trap-trap Wild in Limpopo

deur Chanté van Schalkwyk op 15 Augustus 2018

Lente is om die draai en die warmer weer laat ’n mens se voete sommer jeuk om avontuurlustige doendinge in ons wonderskone land aan te pak. Bergfietsry is nét die ding om die bloed nog warmer deur jou are te laat bruis! LekkeSlaap het ’n hele rits bergfietsroetes in Limpopo opgespoor waar jy wild kan … Lees “Bergfietsroetes: Kyk trap-trap Wild in Limpopo”

Kom loer in die Bo-Kaap se Kospotte

deur Jeanne Carstens op 25 Julie 2018

Die Bo-Kaap en sy ikoniese huisies is regoor die wêreld bekend ─ foto’s van dié kleurvolle buurt pronk op tydskrifte, kalenders en ek-verlang-na-jou-poskaarte. Dis onmoontlik om enigsins aan Kaapstad te dink sonder om ook aan die Bo-Kaap te dink. Dit is ’n historiese woonbuurt wat al aan die slegte en goeie ontvangskant van ons land … Lees “Kom loer in die Bo-Kaap se Kospotte”

Sardienloop aan die Suidkus

deur Chanté van Schalkwyk op 27 Junie 2018

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou … Lees “Sardienloop aan die Suidkus”

Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute

deur Cea Swart op 27 Junie 2018

Internasionale Mandela-dag is om die draai en LekkeSlaap nooi jou om op 18 Julie nét 67 minute van jou tyd af te staan ter herdenking van Nelson Mandela se 67 jaar lange stryd om geregtigheid. Dié 67 minute fokus veral daarop om armoede te verlig (#actionagainstpoverty) en om wêreldwye verandering te bewerkstellig. Vanjaar se Mandela-dag … Lees “Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute”

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers

deur Ankia Wolf op 20 Junie 2018

Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met … Lees “10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers”