Kategorie: Dutjiesdorp van die Dag

Koffiebaai: Kom ruik die Wildekus se aroma

deur Adriëtte le Roux op 8 Julie 2020

Net sodat jy weet, daar is baie meer koeie as koffiewinkels in Koffiebaai. Só het ek met my eerste besoek aan dié Oos-Kaapse dorpie, eintlik meer ’n klein, plattelandse nedersetting aan die Wildekus met ’n paar restaurante, ’n spaza-winkel, ’n pragtige strand en hope natuurskoon, geleer. Dis soos ’n paradys van lowergroen heuwels, kuswoude en … Lees “Koffiebaai: Kom ruik die Wildekus se aroma”

Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep

deur Nanje Lourens op 19 Junie 2020

Ek is nie eers seker dag hoeveel dit van die inperking is nie en ek wil nie meer weet nie. Al lig aan die einde van dié donker Covid-tonnel is die feit dat ek, sodra ek mag, vir my ’n Roete 62-roadtrip gaan bespreek. My siel smag na die kaal vlaktes, vaal Karoo-bossies en vriendelike … Lees “Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep”

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers

deur Adriëtte le Roux op 10 Junie 2020

Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat … Lees “Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers”

Reis na gister: Die Albertinia Hotel en ander verhale

deur Karli Durr op 3 Junie 2020

Klipmure wat meer as ’n eeu oud is, ’n skatkis vol staaltjies wat daaragter skuil en ’n spyskaart wat by enige toprestaurant kan kers vashou ─ dís wat jy by die Albertinia Hotel kan verwag! Die son trek al water toe ek en Schalk Albertinia binnery. Die dorpstrate is verlate so op ’n Vrydagagtermiddag en … Lees “Reis na gister: Die Albertinia Hotel en ander verhale”

Só bly jy besig in Stilbaai

deur Karli Durr op 18 Maart 2020

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk … Lees “Só bly jy besig in Stilbaai”

10 Dorpies wat jy móét besoek

deur Lisa Croeser op 5 Februarie 2020

Suid-Afrika se kleiner dorpies is wat ons land werklik mooi maak en waar die ware pret skuil. Kom verdwaal in die geskiedenis, proe ’n verskeidenheid disse, lê op die strande en verken roetes eie aan die Suid-Afrikaanse natuurskoon in dié tien besonderse dorpies.  1. Wakkerstroom, Mpumalanga Wakkerstroom, wat soms die juweel van Mpumalanga genoem word, … Lees “10 Dorpies wat jy móét besoek”

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

deur Karli Durr op 29 Januarie 2020

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en … Lees “Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre”

’n Salige Saterdag in Steytlerville

deur Adriëtte le Roux op 15 Januarie 2020

Daar is net een pad in en uit Steytlerville en dit is ook reg so, want as jy eers in dié Karoodorp is, wil jy in elk geval bly. Dít kan aan die wapens van Steytlerville se gevestigde families wat in die hoofstraat hang gesien word, asook aan die sestal doodgelukkige “nuwe” inwoners wat ons … Lees “’n Salige Saterdag in Steytlerville”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za