Kategorie: Feesflits

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe

deur Heste Nortier op 15 April 2019

Dokters meen dat lag en goeie musiek ’n mens se lewe drasties kan verleng, daarom skryf ons Wicus Van Der Merwe en Pietman Geldenhuys se Kombi-nasie-vertoning voor om die naderende wintergriep hok te slaan! Dit raak hoeka nou tyd vir Walviskyk in Hermanus, en Hartenbos aan die Tuinroete is ook mooi hierdie tyd van die … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis

deur Jeanne Carstens op 25 Februarie 2019

Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis”

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!

deur Gerriline Fouché op 16 Januarie 2019

In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron … Lees “Kom maak ’n draai by die diva van Darling!”

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare

deur Gerriline Fouché op 19 Desember 2018

Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is … Lees “Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare”

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

deur Willemien Engelbrecht op 5 Desember 2018

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte … Lees “Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies”

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

deur Hennely Nel op 1 Augustus 2018

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, … Lees “Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof”

Sardienloop aan die Suidkus

deur Chanté van Schalkwyk op 27 Junie 2018

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou … Lees “Sardienloop aan die Suidkus”

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

deur Jana Barnard op 21 Februarie 2018

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer … Lees “Oorweeg ’n Besoek aan Underberg”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]