Kategorie: Gauteng

Ons Reënbooglandskap: Ontdek SA van bioom tot bioom

deur Hennely Nel op 25 Oktober 2019

Soos gesien op Maroela Media. Suid-Afrika staan nie verniet as die Reënboognasie bekend nie. Ons land is divers op soveel verskillende vlakke: die mense, kulture, tale en tradisies ─ en moenie van die reënbooglandskap vergeet nie! Jy hoef skaars ’n uur oos, wes, noord of suid te ry, ongeag waar jy jou in die land … Lees “Ons Reënbooglandskap: Ontdek SA van bioom tot bioom”

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

deur Danielle Terblanche op 16 Oktober 2019

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel … Lees “’n Spa-wegbreek in elke provinsie”

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies

deur Jeanne Carstens op 2 Oktober 2019

Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van … Lees “Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies”

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

deur Karli Durr op 26 Maart 2019

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en … Lees “8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch

deur Karli Durr op 11 Maart 2019

Vandeesweek reis OPTOG! se kombi’s al die pad tot in Pretoria. As jy daarvan hou om te lag, sal Nataniël jou laat skater en Laurika Rauch se lirieke sal jou voorwaar in vervoering laat. Laurika Rauch tree op 18 en 19 Maart in die Attebury-teater in Pretoria op. Dié vertonings is ongelukkig uitverkoop, maar hierdie legendariese … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch”

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

deur Karli Durr op 13 Februarie 2019

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet … Lees “’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties”

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

deur Willemien Engelbrecht op 5 Desember 2018

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte … Lees “Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies”

Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede

deur Hennely Nel op 22 Augustus 2018

Min dinge is so lekker soos ’n sterk koppie boeretroos! Jy teug graag daaraan terwyl jy jou gunstelingboek lees, saam met vriende of familie kuier, of as jy in ’n oulike koffiewinkel sit en kyk hoe vreemdelinge verby stap. Dikwels is dit ook nét wat jy nodig het om daardie besige dag op kantoor mee … Lees “Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za