Kategorie: Herfs

Vier Elke Seisoen in Hogsback

deur Annerie Lemmer op 17 Januarie 2018

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of … Lees “Vier Elke Seisoen in Hogsback”

Beplan nóú al ’n Luilekker Langnaweek vir 2018

deur Danielle Terblanche op 12 Januarie 2018

Die nuwe jaar is goed op dreef en jy sien seker al uit na jou volgende vakansie! Jy hoef gelukkig nie té lank te wag nie — daar is heelwat langnaweke in 2018 waarvoor jy solank kan beplan. LekkeSlaap wys vir jou lieflike bestemmings regoor die hele land waar jy en jou gesin ’n welverdiende … Lees “Beplan nóú al ’n Luilekker Langnaweek vir 2018”

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

deur Annerie Lemmer op 15 Desember 2017

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig … Lees “Kom rus ’n bietjie in Rosendal”

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

deur Annerie Lemmer op 3 November 2017

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van … Lees “Die Vallei van ’n Duisend Heuwels”

Weelde in Wellington: Val du Charron

deur Annerie Lemmer op 6 Oktober 2017

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles … Lees “Weelde in Wellington: Val du Charron”

Arniston: ’n Dorpie vol skatte

deur Annerie Lemmer op 17 Augustus 2017

Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n … Lees “Arniston: ’n Dorpie vol skatte”

Ons kitsgids tot SA se SANParke

deur Annerie Lemmer op 26 Julie 2017

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die … Lees “Ons kitsgids tot SA se SANParke”

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte

deur Annerie Lemmer op 7 Julie 2017

Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort … Lees “Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte”