Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: In die kollig

Weskus-wegbreke vir paartjies

Suid-Afrika se Weskus bied ’n betowerende agtergrond vir paartjies wat op soek is na ’n rustige wegbreek langs die Atlantiese Oseaan. Is dit dié magiese streek se ruwe kuslyn en asemrowende sonsondergange wat paartjies keer op keer weer hierheen lok, of eenvoudig die feit dat dit besoekers die kans gee om ’n Griekse vakansie op […]

Tyd staan stil in die Tankwa-Karoo

My pa is ’n 4×4-entoesias en as jy op enige oomblik van enige dag vir hom vra waarheen hy nóú sal ry, sal sy antwoord altyd die Tankwa-Karoo wees! Dit is ’n betowerende area wat jou altyd sal laat wil terugkeer om nóg te sien of om weer die rustigheid van die niksheid te ervaar. […]

Slaap net ’n hanetreetjie vanaf dié stadions

Is jy van plan om deel van Suid-Afrika se lewendige sport- en musiektoneel te wees? Wel, dan is hierdie nét die blog vir jou! Of jy nou jou gunstelingspan langs die sportveld wil ondersteun of die aand by ’n konsert wil wegdans, LekkeSlaap het die perfekte verblyf naby stadions vir jou gevind wat jou ervaring […]

Beplan jou volgende roetereis

As jou hart na die langpad verlang en jy van die oop vlaktes, reën op jou voorruit, stowwerige grondpaaie en koffie in ’n fles droom, maar nie seker is waar om te begin beplan nie, is hierdie nét die leesstof vir jou! LekkeSlaap deel met jou ’n paar wenke sodat jy ontspanne en vol selfvertroue […]

Kampplekke vir gesinne in die Wes-Kaap

Pak solank julle tasse én kamptoerusting – ons het ’n paar lekker kampeerterreine in die Wes-Kaap vir julle volgende gesinswegbreek bymekaargemaak. Dié kampeerterreine het meer as genoeg aktiwiteite om die kleinspan ure lank te vermaak sodat Pa en Ma darem ook ’n kans kan kry om ’n bietjie te rus. Enjo Nature Farm Clanwilliam Bedags […]

Wegbreke wat op jou emmerskoplysie hoort

Het jy ook ’n paar droomwegbreke wat iewers in jou agterkop gestoor is? Elkeen se emmerskoplysie lyk anders, maar LekkeSlaap het ’n paar gaan uitsoek wat beslis op daardie lysie hoort, of dit nou iets unieks, vreemds, luuks of knus is wat vir jou wink, dié twaalf voorstelle sal beslis jou oë laat blink! The […]

Toevlugsoorde vir 2 op die Tuinroete

Die Tuinroete kronkel al langs die suidelike kus van Suid-Afrika, vanaf Mosselbaai in die Wes-Kaap tot by Stormsrivier in die Oos-Kaap, en spog met welige woude, ongerepte strande en bekoorlike kusdorpe wat die ideale resep vir ’n onvergeetlike wegbreek is. In hierdie blog wys ons vir jou ’n rits opsies wat pasgemaak is vir paartjies […]

Videogids: Hoe om reisvideo’s te neem

Die kans is goed dat jy al vandag na ’n video op een of ander sosialemediaplatform gekyk het en dit vir iemand aangestuur of gestoor het, aangesien video-inhoud al hoe meer gewild raak en basies oral om ons is. Volgens Hubspot het die gemiddelde mens in 2023 sowat 17 ure se video-inhoud per week aanlyn […]