Kategorie: Skatte van Suid-Afrika

Kinders van die wind: ’n Windpomp-wegbreeklysie

deur Heste Nortier op 21 Mei 2019

Soos gesien op Maroela Media. Die windpomp gaan soek miskien nie die wind nie, maar LekkeSlaap het vir seker die windpomp gevind! Maak jou gereed vir ’n fotovoetpad kruis en dwars oor die Karoovlaktes, want in dié blog spog ons met die sewe mooiste windpompe, elkeen uit die boeke, dwarsdeur Suid-Afrika tot in Namibië se … Lees “Kinders van die wind: ’n Windpomp-wegbreeklysie”

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

deur Karli Durr op 3 Mei 2019

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat … Lees “Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete”

My voete loop na Wellington …

deur Karli Durr op 23 April 2019

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die … Lees “My voete loop na Wellington …”

’n Bangbroek en ’n Twyfelaar: ’n Spooknag in Hotel Glencairn

deur Heste Nortier op 10 April 2019

Dié is ’n storie sonder presiese datums wat op hoor-sê-feite en ware ervarings gebaseer is. Daar waar feite in die geskiedenisboeke ontbreek, kan jy dikwels op die fluisteringe in die omgewing staatmaak, want in skinderstories steek dikwels ’n groot skoot waarheid. Dis ’n yskoue handskut en ’n briesie wat raas. Dis alles wat ek verwag … Lees “’n Bangbroek en ’n Twyfelaar: ’n Spooknag in Hotel Glencairn”

’n Handvol redes om die salige Sederberge te besoek

deur Hennely Nel op 29 Maart 2019

Soos gesien op Maroela Media. Die Sederberge is een van die Wes-Kaap se juwele. Met sy betowerende rotsformasies, ongerepte natuurskoon, oeroue rotstekeninge en hemelse stilte, bied dié area ’n idilliese wegbreek. Dis slegs 250 kilometer noord van Kaapstad en strek vanaf die Sederberge by Citrusdal en Clanwilliam, regdeur die Middelvallei van die Olifantsrivier tot by … Lees “’n Handvol redes om die salige Sederberge te besoek”

9 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

deur Karli Durr op 26 Maart 2019

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en … Lees “9 Bergwegbreke om Gautengers op te beur”

7 Sommer-so-sien skeepswrakke…

deur Heste Nortier op 20 Maart 2019

In die sowat 531 jaar nadat Bartlomeus Dias die Kaap as “Die Kaap van Storms” gedoop het, het dié ongenaakbare kuslyn van tientalle skepe metaalspoke gemaak. Sommige van die ongelukkige wrakke is deur die see geëis en is so te sê vergete, maar, sommiges kan, ten minste gedeeltelik, van die land af gesien word. So, … Lees “7 Sommer-so-sien skeepswrakke…”

Safari in die Kaap: Die Wes-Kaap Wys Haar Wilde Kant

deur Jeanne Carstens op 13 Maart 2019

Soos gesien op Maroela Media As jy al ooit voet aan wal in die Wes-Kaap gesit het, of net met ’n Kapenaar gesels het, sal jy weet dat daar sekere dinge is waaroor ons met trots spog. Van die wêreldbekende wynlande, natuurskoon en kuste, Kaap-Hollandse gewels, die familie se vakansiehuis in Stilbaai, Hartenbos of Waenhuiskrans, … Lees “Safari in die Kaap: Die Wes-Kaap Wys Haar Wilde Kant”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za